Abstract:
Anker is immers ʼn dosent
in skryfkunde aan
Stellenbosch waar hy
lank saam met Marlene
van Niekerk gewerk het en nou in
haar groot skoene staan. Boonop is sy
vorige werk hoog aangeskryf.
Aanvanklik is dit egter moeilik om
vatplek aan sy jongste roman, Skepsel,
te kry en die leser kan selfs bietjie
teleurgesteld voel. Maar moenie te
haastig oordeel nie! Dié roman bied
baie vir die leser wat bereid is om ʼn
bietjie te werk.