Abstract:
Artikel 190 van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011 maak daarvoor
voorsiening dat die Suid Afrikaanse Inkomstediens ("SAID") 'n belastingtenugbetaling
wat aan 'n belastingpligtige verskuldig is, in sekere omstandighede, kan terughou. Die
SAID moet egter die belastingtenugbetaling maak in omstandighede waar die
belastingpligtige sekuriteit vir die waarde van die terugbetaling verskaf wat volgens 'n
senior SAID amptenaar as voldoende sekuriteit beskou word. In Rappa (Pty) Ltd v
Commissioner for the South African Revenue Service (20/18875)[2020] ZAGPPHC
(5 November 2020), het die Hoehof bevind dat dit nie nodig is vir die belastingpligtige
om sekuriteit gelykstaande aan die waarde van die terugbetaling te gee nie. Trouens, waar
die belastingpligtige slegs 'n gedeeltelike sekuriteit gee, kan die senior SAID amptenaar
sy diskresie gebruik om die belastingterugbetaling gedeeltelik te maak. In hierdie
bespreking ondersoek ons of die hof se uitleg en toepassing van artikel 190 korrek is.
Verder oorweeg ons die grondwetlikheid van artikel 190(2).