The delinquent director remedy in terms of the companies act 71 of 2008 Organisation undoing tax abuse v Myeni 2020 3 All SA 578 (GP)

Show simple item record

dc.contributor.author Scott, Tshepiso
dc.date.accessioned 2022-11-28T12:32:29Z
dc.date.available 2022-11-28T12:32:29Z
dc.date.issued 2021
dc.description.abstract Die Maatskappywet 71 van 2008 (die "Wet") het 'n innoverende en unieke remedie daargestel wat dit moontlik maak om persone wat direkteure van maatskappye is, of was, as misdadige direkteure te verklaar, of onder 'n proeftyd te plaas. Sodra 'n persoon as misdadige direkteur verklaar word, of onder 'n proeftyd geplaas word, word sodanige persoon se bevoegdheid om as direkteur van 'n maatskappy te dien, beperk. Hierdie bespreking fokus op die remedie waarvoor artikel 162 van die Wet voorsiening maak. Artikel 162 verleen toestemming aan verskeie partye, onder andere die maatskappy, direkteure, aandeelhouers, werknemers, en reguleringsinstansies (soos die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom en die Oornamereguleringspaneel) om die hof te nader ten einde direkteure wat die pad byster geraak het as misdadige direkteure te verklaar. 'n Bykomende "laag" verantwoordbaarheid is gevolglik op direkteure van toepassing. Organization Undoing Tax Abuse v Duduzile Cynthia Myeni 2020 3 All SA 578 (GP) is een van die eerste gerapporteerde uitsprake waarin 'n direkteur van 'n staatsonderneming as 'n misdadige direkteur verklaar is. Hierdie uitspraak is dus van noemenswaardige openbare belang. Die aansoek, wat deur die Organisation Undoing Tax Abuse en South African Airways Pilots Association geloods is, is 'n belangrike stap om die publiek teen misdadige direkteure van maatskappye in staatsbesit te beskerm. 'n Verklaring van hierdie aard beinvloed egter die status van persone wat as misdadig verklaar word, waarna 'n mate van statutere inperking intree. Sodanige beperkings is soortgelyk aan did wat in die volgende gevalle toepassing vind: (a) minderjarigheid; (b) 'n verklaring van kranksinnigheid; (c) insolvensie; of (d) skuldigbevindings aan kriminele optrede. Gegewe die erns van 'n bevel wat 'n persoon as 'n misdadige direkteur verklaar, word die hof se toepassing van artikel 162(5)(c) krities ontleed. en_US
dc.description.department Mercantile Law en_US
dc.description.librarian am2022 en_US
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_US
dc.identifier.citation Scott, T. 2021, 'The delinquent director remedy in terms of the companies act 71 of 2008 Organisation undoing tax abuse v Myeni 2020 3 All SA 578 (GP)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 84, no. 3, pp. 411-422. en_US
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri https://repository.up.ac.za/handle/2263/88492
dc.language.iso en en_US
dc.publisher LexisNexis en_US
dc.rights LexisNexis en_US
dc.subject Act en_US
dc.subject Companies Act 71 of 2008 en_US
dc.subject Delinquent director en_US
dc.subject Wet en_US
dc.subject Maatskappywet 71 van 2008 en_US
dc.subject Misdadige direkteur en_US
dc.title The delinquent director remedy in terms of the companies act 71 of 2008 Organisation undoing tax abuse v Myeni 2020 3 All SA 578 (GP) en_US
dc.title.alternative Misdadige direkteur-remedie kragtens die Maatskappywet 71 van 2008 en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record