Abstract:
Die COVID-19-pandemie het regoor die wereld ekonomiese verwoesting gesaai. In baie
stede staar residensiele huurders, wat hulle werke as gevolg van die ekonomiese slagting
verloor het, haweloosheid in die gesig. Sodanige huurders ervaar finansi61e nood en 'n
gevolglike onvermo6 om huur te betaal. Hierdie toedrag van sake het die Suid-Afrikaanse
regering genoop om 'n moratorium op uitsettings te plaas deur regulasies ingevolge die
Wet op Rampbestuurs 57 van 2002 (die "Grendelstaatregulasies") uit te vaardig. Sodanige
regulasies beperk egter vryheid van beweging en maak dit vir sommige residensiele
huurders onmoontlik om voordeel uit die okkupasie van huurpersele te trek, aangesien
hulle in ander provinsies of selfs oorsee vasgekeer is of was. Die eerste deel van hierdie
artikel ondersoek die gemeenregtelike regte van residensiele huurders wat weens die reisbeperkinge
wat deur die Grendelstaatregulasies opgele is, nie die volle genot van gehuurde
eiendomme in stede kan (of kon) geniet nie. Dit analiseer die pandemie as 'n
skielike, onvoorsiene en onvermydelike natnurlike gebeurtenis wat aan die elemente van
die definisie van vis major voldoen. Met did doel voor o6, bespreek hierdie bydrae die reg
van residensiele huurders om ingevolge die gemenereg die verweer van vis major te
gebruik om kwytskelding of vermindering van huur te eis. Die tweede deel van die artikel
ondersoek die beskerming van residensiele huurders teen swak behandeling deur verhuurders
en teen uitsettings tydens die grendelstaat.