Abstract:
Ontwikkelings in kunsmatige intelligensie (AI) en masjienleer het daartoe begin lei dat
regerings die gesag om openbare funksies te verrig uitkontrakteer aan masjiene.
Algoritmiese besluitneming word inderdaad algemeen, van die bepaling van verbruikers
se kredietwaardigheid, tot die identifisering van die mees geskikte kandidaat vir 'n
betrekking, tot die besluit oor water matrikulante toegelaat moet word tot 'n universiteit.
Afgesien van die breer maatskaplike, etiese, en regsoorwegings, is daar omstredenheid
oor die ondeursigtige, onbetwisbare, en ontoerekeningsvatbare aard van AI-stelsels. 'n
2016 beslissing in die Verenigde State van Amerika, S v Loomis, illustreer die bedreiging
wat die ongereguleerde en onbeperkte uitkontraktering van openbare gesag aan AI-stelsels
inhou vir menseregte en die oppergesag van die reg. In hierdie saak het die Hooggeregshof
van Wisconsin beslis dat die gebruik van 'n geoutomatiseerde, algoritmiese
risikobepaling deur die verhoorhof nie die beskuldigde se reg op 'n billike verhoor
geskend het nie, alhoewel die metodologie wat deur die sagteware gebruik is om die
risikobeoordeling te maak n6g aan die hof n6g aan die beskuldigde openbaar is. Die
betrokke sagteware - 'n sogenaamde getuienis-gebaseerde stelsel - is 'n hoogs omstrede
instrument wat verskillende datapunte met betrekking tot 'n beskuldigde in ag neem en
dan 'n risikotelling aan sodanige beskuldigde toeken. Hoe ho@r die telling, hoe meer
waarskynlik word dit geag dat die betrokke beskuldigde in die toekoms weer 'n misdryf
sal pleeg. Die algoritme word dus aangewend om die toekomstige gedrag van beskuldigdes
te voorspel. Baie beskuldigdes word dan as potensiele toekomstige misdadigers
beskou en behandel sonder dat hulle ooit oor die grondslag vir hulle risikotellings ingelig
word - en sonder die middele om ooit sodanige grondslag te kan uitvind. Baie van hierdie
geoutomatiseerde stelsels, soos COMPAS wat in die Loomis-saak ter sprake was, bestaan
uit 'n sogenaamde "black box" van privaatsektor-handelsgeheime wat geensins verantwoordbaar
is nie.
Description:
This article is based on the author's doctoral thesis Problematic aspects of the right to bail
under South African law: A comparison with Canadian law and proposals for reform
(LLD thesis, University of Pretoria 2000).