The success rate of outsourcing in South Africa is fairly low. Companies that make the incorrect decision to outsource maintenance place themselves at risk of poor maintenance performance, a high operational cost of maintenance, and substantial costs to redevelop internal maintenance capabilities. The identification of the factors applicable to the decision to outsource maintenance can form the basis of a decision framework or model, and has the potential to improve the quality of decision-making in maintenance management. This paper discusses the results of a survey that was carried out to determine the main decision factors that maintenance and asset managers could use when they consider outsourcing some maintenance work. Most of the 62 respondents were from the oil and energy sector or the chemicals sector of South African industry. The main decision factors were identified as contractor experience, the availability of a suitable contractor, and the scarcity of skills or employees. The findings of this survey are useful for maintenance and asset managers to decide whether or not to outsource an activity, and to rank potential contractors.
Die sukseskoers van uitkontraktering in Suid-Afrika is taamlik laag. Organisasies wat die verkeerde besluit neem rakende die uitkontraktering van instandhouding verhoog die risiko van swak vertoning vir instandhouding, hoër bedryfskoste vir instandhouding en koste om ʼn interne vermoë vir instandhouding te skep. Die identifisering van toepaslike faktore vir die besluit om instandhouding uit te kontrakteer kan die basis vorm van ʼn raamwerk vir besluitneming. So ʼn raamwerk of model het die potensiaal om die kwaliteit van besluitneming in instandhoudings-bestuur te verbeter. Hierdie artikel bespreek die resultate van ʼn vraelys wat versprei is om te bepaal watter faktore die belangrikste is wanneer instandhoudings- en batebestuurders moet besluit of sekere instandhoudingswerk uitgekontrakteer moet word. Die meeste van die 62 respondente was werksaam in die olie en energie sektor of die chemiese sektor van die Suid-Afrikaanse nywerheid. Die belangrikste faktore wat geïdentifiseer is, was ondervinding van die kontrakteur, beskikbaarheid van ʼn geskikte kontrakteur, en ʼn tekort aan vaardighede en personeel. Die resultate van hierdie vraelys is nuttig vir instandhoudings- en bate-bestuurders om te besluit of ʼn aktiwiteit uitgekontrakteer moet word, en om potensiële kontrakteurs in ʼn rangorde te plaas.