Post-colonial South Africa is haunted. More specifically, contemporary white Afrikaner identity is tormented by ghosts - as vestiges and reminders of the tyrannical injustices of the past. This study investigates how C. L. Leipoldt’s play Die Laaste Aand (1930) can be reimagined and adapted to create a hauntological allegory that speaks to white Afrikanderdom in post-colonial South Africa. The act of looking back into the past and critically engaging with specific histories, affords a chance for a dialogue between the past and the present.
This study consists of three parts. In the first part, I contextualise the play Die Laaste Aand (Leipoldt 1930). To do so, I broadly discuss South Africa’s colonial history and unpack the social and political context of South Africa in the 1930s (the time period in which the source text was written), with specific reference to white Afrikaner identity and Afrikaner nationalism. I then provide a brief overview of white Afrikaans theatre history, positioning C. L. Leipoldt and Die Laaste Aand amidst the growing nationalism of the 1930s.
In the second part of the study, I turn my attention to the concept of adaptation, followed by magic realism, which I use as the central mode of adapting the source text. Magic realism is a literary and theatre genre that aligns with postcolonial sensibilities. Its capacity for transfiguration, metamorphosis, anthropomorphic personification and transgressing linear time, amongst others, offer strategies for such an adaptation. After contextualising South Africa’s colonial history and locating Die Laaste Aand and C. L. Leipoldt in the 1930s, I will analyse Die Laaste Aand (Leipoldt 1930).
Based on my play analysis, I conclude that Die Laaste Aand (Leipoldt 1930), seems to contain extra-realist elements that justify the use of magic realism in my adaptation. I use the concept of the ghost as a central metaphor in creatively engaging with the colonial past that is haunting the postcolonial, and arguably post-colonial, present. In part three of the study, my playtext Dryfhout (2021) is presented and discussed as a collage of historical and intertextual references hauntingly buried beneath the transformations of the reimagined and adapted playtext. In its refraction of white Afrikaner identity, Dryfhout (2021) not only presents a hauntological allegory for contemporary South Africa, but positions post-colonial white Afikanerdom as a hauntology in and of itself.
Post-koloniale Suid-Afrika spook. Meer spesifiek word hedendaagse wit Afrikaner-identiteit deur
spoke geteister – as oorblyfsels en herinneringe aan die tirannieke ongeregtighede van die verlede.
Hierdie studie ondersoek hoe C. L. Leipoldt se toneelstuk Die Laaste Aand (1930) herverbeel en
verwerk kan word om 'n hauntologiese allegorie te skep wat spreek tot wit Afrikanderdom in post-
koloniale Suid-Afrika. Die daad van terugkyk na die verlede en krities betrokke raak by spesifieke
geskiedenisse, bied 'n geleentheid vir 'n dialoog tussen die verlede en die hede.
Hierdie studie bestaan uit drie dele. In die eerste deel kontekstualiseer ek die toneelstuk Die Laaste
Aand (Leipoldt 1930). Om dit te doen, bespreek ek breedweg Suid-Afrika se koloniale geskiedenis en
ondersoek ek die sosiale en politieke konteks van Suid-Afrika in die 1930’s (die tydperk waarin die
bronteks geskryf is) met spesifieke verwysing na wit Afrikaner-identiteit en Afrikanernasionalisme. Ek
gee dan 'n kort oorsig van wit Afrikaanse teatergeskiedenis, wat C. L. Leipoldt en Die Laaste Aand te
midde van die groeiende nasionalisme van die 1930’s posisioneer.
In die tweede deel van die studie vestig ek my aandag op die konsep van verwerking, gevolg deur
magiese realisme, wat ek as die sentrale wyse van verwerking van die bronteks gebruik. Magiese
realisme is 'n literêre en teatergenre wat aansluit by postkoloniale ingesteldheid. Die moontlikhede
van hierdie genre tot transformasie, metamorfose, antropomorfiese personifikasie en die oorskryding
van lineêre tyd, onder andere, bied strategieë vir so 'n verwerking. Nadat ek die konteks van Suid-
Afrika se koloniale geskiedenis ondersoek het asook plek van C. L. Leipoldt en Die Laaste Aand in die
1930’s, ontleed ek Die Laaste Aand (Leipoldt 1930).
Op grond van my toneelstuk-ontleding kom ek tot die gevolgtrekking dat Die Laaste Aand (Leipoldt
1930), moontlik buiterealistiese elemente bevat wat die gebruik van magiese realisme in my
verwerking regverdig. Ek gebruik die konsep van die spook as 'n sentrale metafoor in kreatiewe
betrokkenheid met die koloniale verlede wat by die postkoloniale, en waarskynlik post-koloniale, hede
spook. In deel drie van die studie word my speelteks Dryfhout (2021) aangebied en bespreek as 'n
collage van historiese en intertekstuele verwysings wat spookagtig begrawe is onder die
transformasies van die herverbeelde en aangepaste speelteks. In sy fragmentering van wit Afrikaner-
identiteit bied Dryfhout (2021) nie net 'n hauntologiese allegorie vir hedendaagse Suid-Afrika nie,
maar posisioneer dit die post-koloniale wit Afikanerdom as 'n hauntologie op sigself.