Abstract:
So nou en dan kruis ’n artikel of ’n boek of ’n hoofstuk of selfs ’n tesis ’n mens se pad wat
jou herinner aan die rede waarom jy in die akademie werk, iets wat jou herinner aan die
wesensaard van die akademie, die hart van die wetenskaplike wêreld. Die artikel van George
Yonge getiteld “’n Onwaarskynlike onderneming: ’n Ondersoek na die kritiek rakende
fundamentele pedagogiek” (Yonge, 2021) was so ’n artikel.