Abstract:
In hierdie studie word die krygsgevangenekuns wat op St. Helena vervaardig is
deur middel van ʼn kultuurhistoriese benadering bekyk – die motiverings waarom
dit vervaardig is, die gereedskap waarmee, en beskikbare roumateriaal waarvan
dit vervaardig is, spesialisasievakmanne verantwoordelik vir die vervaardiging,
en die verspreiding en vestiging van afsetgebiede vir die verkoop en uitstalling
van Boerekrygsgevangenekuns.