Abstract:
Elke generasie regstudente bied sy eie uitdagings aan regsdosente wie daarna streef om bevoegde en toegewyde lede van die regsberoep af te lewer. Hedendaagse regstudente vorm deel van die eerste generasie wat ten volle in die skadu van die tegnologiese rewolusie, wat daarvoor sorg dat inligting altyd geredelik beskikbaar is, groot geword het. Hierdie omgewing het van studente veeleisende opvoedkundige verbruikers gemaak, met geen verdraagsaamheid vir vertraging. Hulle verstaan nie die inherente waarde van hoer onderwys nie en beskou universiteitsopleiding gewoonlik slegs as 'n blote middel tot 'n doel. Verder ag hierdie generasie sosiale reels minder belangrik en hul skryf- en praatstyl is baie informeel. Dieselfde informele styl geld vir hul kleredrag en hul interaksie met gesagsfigure. Hierdie bydrae ondersoek die generasie-, sosiale-wetenskaplike- en kognitiewe navorsing oor ons nuutste generasie regstudente en is daarop gemik om regsdosente te help om hul studente se generasiespesifieke-leerstyl te herken en om gevolglik regsopleiding te bied wat die ontwikkeling van bekwame prokureurs tot gevolg sal he. In 'n daaropvolgende bydrae word die invloed van tegnologie op die leerstyl van millenierregstudente in die besonder ondersoek.