Abstract:
Een van die mees algemene verklarings vir die groot generasiegaping tussen milleniers en
vorige generasies is die tegnologiese rewolusie, wat 'n paradigmatiese verskuiwing teweeg
gebring het in die wyse waarop inligting verkry en sorteer word. Milleniers se
passie vir, en hulle vlotheid met tegnologie is waarskynlik die belangrikste verteenwoordigende
eienskap van hierdie generasie - "dit is in hul DNS om na skerms te kyk".
Milleniers se tegnologiese uitsonderlikheid le nie net in hulle vaardigheid met elektroniese
toestelle nie, maar ook in die manier waarop hulle sosiale lewens daarin versmelt
geraak het. Teen die tyd dat milleniers op universiteitskampusse aankom het hulle digitale
toestelle 'n uitbreiding van hulself geword - onontbeerlike sosiale bykomstighede.
Milleniers betaal egter 'n duur prys vir hulle digitale voorkeure. Die bydrae ondersoek die
maniere waarop rekenaars en selfone - en die konstante stroom van stimuli wat hierdie
toestelle bied - 'n nuwe en diepgaande uitdaging daarstel vir studente se vermo8 om te
fokus en te leer. Daarna word die leerstyl van millenier-regstudente ontleed, en maak
hierde bydrae beskeie voorstelle aan regsdosente om hul studente se leerstyl te herken, en
om regsopleiding te bied wat lei tot die ontwikkeling van bekwame regsgeleerdes.