dc.description.abstract |
Die druipsyfer in wiskunde op skool in Suid-Afrika, maar ook internasionaal, is hoog.
Boonop onderpresteer leerders met 'n oenskynlik hoe algemene verstandelike vermoe
of aanleg vir wiskunde soms in die vak, terwyl enkele leerders met 'n oenskynlik lae
algemene verstandelike vermoe of aanleg vir wiskunde goed presteer in die vak.
Nogtans word daar relatief min aandag gegee aan leerders se studie-orientasie in
wiskunde, hoewel navorsing aandui dat prestasie in skoolwiskunde een van die beste
voorspellers van tersiere sukses is.
'n Ondersoek na die vernaamste leerteoretiese benaderings tot die leerproses in wiskunde
bevestig dat aspekte van leerders se studie-orientasie in wiskunde (insluitende
studiehoudings, wiskunde-angs, studiegewoontes, asook studiemilieu) hul
probleemoplossingsvermoe en hul uiteindelike prestasie in die vak waarskynlik
betekenisvol be·invloed.
Die primere doelwit met hierdie proefskrif was om 'n studie-orientasievraelys in wiskunde
(SOW) te ontwerp en te evalueer. Die dataverwerkingsprosedures het veral betrekking
gehad op twee primere doelwitte met die studie, te wete: (a) Standaardisering van die vraelys.
Etlike stappe is gevolg om die vraelys psigometries te evalueer, insluitende faktor- en
itemontleding. In die geval van Graad 8 en 9, kon drie velde (te wete Studiegewoontes
in wiskunde, Wiskunde-angs, asook Studiehoudings jeens wiskunde) ge·1dentifiseer word,
terwyl 'n vierde veld, Lokus van Beheer met betrekking tot wiskunde, slegs by leerders in
Graad 10 en 11 ge·1dentifiseer kon word. Door is bevind dot die SOW oor inhouds-, asook
konstrukgeldigheid beskik vir die drie moedertaalgroepe gesamentlik. Verder kan die
betroubaarheids-koeffisiente vir die SOW in die meeste gevalle as bevredigend beskou
word en beskik die vraelys klaarblyklik ook oor kriteriumverwante geldigheid.
(b) Vergelykende studies om die toepaslikheid van die SOW te bepaal.
Variansie-analisetegnieke is gebruik om vas te stel waar betekenisvolle verskille tussen
groepe (insluitend graad-, moedertaal- en geslagsgroepe) le. Waar MANOVAS
betekenisvolle verskille uitgewys het, is ondersoek ingestel om te bepaal ten opsigte van
watter individuele velde (enkelveranderlikes) groepe betekenisvol verskil. Met behulp
van LSM is bepaal watter groepe betekenisvol verskil ten opsigte van die afsonderlike
velde. |
|