Abstract:
JN 1915 het die eerste Spelreëls van die Akademie die lig gesien, en in 1917 die eerste Woordelys, terwyl dit nou ruim tien jaar is sedert die verskyning van die vorige (derde) uitgawe. Trots alle besware van die kant van die lessened en skrywende publiek het die spelling van die Akademie gaandeweg ’n gevestigde tradiesie gekry in ons Afrikaanse literatuur, in ons koerante, tydskrifte en skoolboeke, in wetenskaplike werke op verskiílende terreine en in die paar proewe van Afrikaanse Bybelvertaling. Die volledige vertaling wat nou persklaar gemaak word, sal ongetwyfeld ook nog baie daartoe bydra om die bestaande spellingtradiesie verder te bestendig. Sedert drie jaar is die derde druk van die Spelreëls en Woordelys uitverkoop en was dit nodig om ’n nuwe hersiene bewerking te laat verskyn. Met die voorbereiding daarvan was die Spellingkommissie van die Akadamie al van 1926 af besig. Vir hierdie (vierde) uitgawe het die Spellingkommissie opdrag van die Akademie ontvang om : (1) inkonsekwensies te verwyder; (2) meer tegniese en wetenskaplike terme op te neem; (3) soveel moontlik vryheid te laat ten opsigte van sodanige kessies waaroor verskil van mening bestaan, o.a. by die toepassing van die spellingbeginsels op vreemde woorde. In hierdie uitgawe is soveel moontlik daarna gestreef om uitvoering aan daardie opdrag te gee. ’n Volkome onsekwente en tog prakties bruikbare spelling is ’n onbereikbare ideaal. Die lede van die Spellingkommissie maak hulle g’n illusies omtrent die resultaat van hulle werksaamhede nie; hulle sal stellig nie almal bevredig nie. Hierdie uitgaw^e is net so min volmaak as die vorige; tog is na vermoë daarna gestreef om verbeteringe aan te bring deur die verwydering van inkonsekwensies en deur die noukeuriger, oorsigteliker en meer sistematiese formulering van verskillende spelreëls. Op ou ingeburgerde Afrikaanse woorde kan ons spellingbeginsels betreklik konsekwent toegepas word, en wat hierdie element van ons woordeskat betref, het die Spellingkommissie soveel moontlik uitvoering aan die eerste deel van sy opdrag probeer gee. Daar was egter perke gestel aan die absolute deurvoering van konsekwensies sowel deur die aard. vau taalverskynsels as deur die reeds gevestigde spelling tradiesie. Alleen kultuïele oorweginge van nasionale draagwydte kon radikale veranderinge in hierdie verband wettig, en aan sodanige veranderinge was daar geen uitgesproke behoefte nie. Kragtens die leiding en bemoeiinge van die Akademie in die verlede kan die spelling van suiwer Afrikaanse woorde nou as vrywel vasstaande beskou word. Dit is geen geringe verdienste nie, en al was dit die enigste wat die Akademie tot stand gebring het, dan was sy bestaan hierdeur reeds geregverdig.