Afrikaans: Hierdie studie handel oor die geskiedenis van die totstandkoming en die ontwikkeling
van die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika tot 1984.
Dit was deur die volgehoue ywer van dr. J.W.B. Gunning, toenmalige Direkteur van
die Staatsmuseum en later die eerste Direkteur van die Nasionale Dieretuin, dat hierdie
instansie in Oktober 1899 tot stand gekom het. Vanaf sy ontstaansjare het hierdie
dieretuin van krag tot krag gegaan en dit word vandag deur lede van die lnternasionale
Unie van Dieretuindirekteure as een van die tien bestes in die w~reld gereken.
Met die totstandkoming van die Dieretuin, wat aanvanklik deel van die Staatsmuseum
was, was dit onder die beheer van die Departement van Onderwys van die
Zuid-Afrikaansche Republiek, en 'n kuratorium of Komitee van vyf is deur die betrokke
departement aangestel. Dr. N .J. Mansvelt, die Superintendent van Onderwys, was die
eerste voorsitter van die Komitee. Mettertyd is nie net die Komitee nie, maar ook die
personeel van 29 persone aansienlik vergroot en teen 1980 het die Raad (soos wat die
beheerliggaam later genoem is) uit vyftien en die personeel uit 162 lede bestaan.
Op finansiele gebied het die Dieretuin lank 'n felle stryd om oorlewing gevoer. Die
depressie van die dertigerjare met gepaardgaande hoe voedselpryse en onderhoudskoste
het die Komitee byna op sy kniee gehad. Vertoe om verhoogde staat- en
stadsraadsubsidies het meestal op dowe ore geval. Dit was egter dr. R.C.H. Bigalke, die
derde Direkteur, se volgehoue pers- en radiopropagandaveldtog wat besoekers in groat
getalle na die Dieretuin begin lok het en s6 is die finansiele stryd stadig maar seker gewen.
Ten spyte van bogenoemde wurggreep waarin die instansie horn bevind het, is die
terrein steeds verder ontwikkel deurdat daar van die hulp van werklose mans onder die
Werkverligtingskema gebruik gemaak is. S6 het die Noordelike Uitbreiding, wat vandag as
een van die mooiste gedeeltes van die Dieretuin beskou word, tot stand gekom.
Natuurbewaring was van meet at aan een van die Nasionale Dieretuin se vernaamste
doelstellings. Dit was dus noodsaaklik om op hoogte te bly van alle aspekte rakende die teling, voeding en versorging van die diere. Wat die aanteling betref, is nie net prestasies
op nasionale vlak behaal nie - waar die Dieretuin die eerste in Suid-Afrika was om sekere
diersoorte met welslae in gevangenskap te laat aanteel, maar soms selfs die eerste in die
w~reld. Hiervan getuig die welslae wat reeds by die instansie se wildteelplase by De Wildt,
Lichtenburg en Potgietersrus behaal is.
Naas die bewaring en versorging van die diereversameling was die Dieretuin se
kontak met die publiek van die grootste belang en is geen moeite ontsien om nie net deur
middel van formele en informele lesings voorligting en inligting oor die dierelewe te verskaf
nie, maar ook om ontspanningsgeriewe daar te stel. Verder was die Dieretuin voortdurend
betrokke by soortgelyke instansies (nasionaal sowel as internasionaal) deur konferensies
by te woon en daar lesings aan te bied.
English: This study describes the history of the establishment and development of the
National Zoological Gardens of South Africa from 1899 to 1984.
Thanks to the unfailing efforts of Dr J. W. B. Gunning, then Director of the
Staatsmuseum (Government Museum) and later the first Director of the National Zoo, the
institution was founded in October 1899. It developed progressively over the years and is
today regarded by the International Union of Zoo Directors as one of the ten best zoos in
the world.
At its inception the Zoo resorted under the Staatsmuseum and was administered by
the Department of Education of the Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal Republic). The
latter appointed a governing body, consisting of a Committee of five, under the
chairmanship of Dr N.J. Mansvelt, then Superintendent of Education. In due course the
membership of the Committee and the Zoo's 29 personnel were enlarged and by 1980 the
Board (as the Committee came to be known) and the staff numbered 1 5 and 1 62
members, respectively.
Financially, the Zoo faced an uphill struggle for many years, particularly during the
depression of the 1930's. Pleas for increased subsidies from the government and city
council usually fell on deaf ears. However, thanks to the publicity campaigns launched
through the press and radio by the third Director, Dr R.C.H. Bigalke, visitors were lured in
increasing numbers to the Zoo, thereby securing its longterm future.
Despite its financial constraints, the Zoo continued to expand. Under die auspices of
the Work Relief Scheme unemployed men were put to work creating the Northern
Extension, now regarded as one of the most beautiful parts of the Zoo.
From the beginning conservation was regarded as one of the Zoo's primary
objectives, and it was essential to remain up to date with all aspects of the breeding,
feeding and care of the animals. Over the years the Zoo has earned a national and international reputation for the breeding of various species in captivity. It has achieved
considerable success in this field at its breeding farms at De Wildt, Lichtenburg and
Potgietersrus.
Besides conservation, the Zoo has attached considerable importance to its
educational role, providing the public with information about wild life as well as with
recreational facilities. Nationally and internationally the Zoo has also had close contacts
with similar institutions participating in and hosting conferences.