“Go to the ant, … consider its ways and be wise!” (Proverbs 6:6). We have progressed using biomimicry to inform our engineering designs and processes. Yet we have learnt very little in finding our inspiration from nature for leading in our complex world. In nature, those species that learn by observing, listening, making sense, internalising, thinking, and resting at the right time, survive and thrive in their environments — on plains, in mountains, in the bush, rivers, oceans, deserts, and the sky. Fight or flight takes place in both nature and business. Challenges are shared in co-existence, patience, perseverance, resilience, and adaptation. Leadership challenges that are emerging in the new world of human and machine co-existence will also be enriched by lessons from nature that inspire new behaviour, that are not conceived in business schools or legacy cultures, but that are flexible, effective, and work efficiently — as natural solutions have done for millennia. We discuss the makings of a conceptual thought model of leadership inspired by nature. It is a starting point to create an awareness of how nature-inspired leadership may be applied. Yet, when modelling anything on nature, one has to realise that all models are simplifications, which means that nature itself, as a complex system, is not fully understood. Our aim should not be to copy nature, but to extract principles from it.
“Gaan na die mier, ... kyk na sy weë en word wys!” (Spreuke 6:6). Ons het baie vooruitgang getoon deur natuurnabootsing te gebruik in ons ingenieursontwerpe en -prosesse. Ons het egter min geleer om ons inspirasie in die natuur te kry om leiers in ons komplekse wêreld te wees. In die natuur is dit die spesie wat leer deur waar te neem, te luister, sin te maak, in te neem, te dink en op die regte tye te rus wat oorleef en floreer in hulle omgewings – op vlaktes, in berge, die bos, riviere, oseane, woestyne en die lug. Veg of vlug gebeur in beide die natuur en in besigheid. Uitdagings word gedeel in saambestaan, geduld, uithouvermoë, veerkragtigheid, en aanpassing. Leierskap uitdagings wat na vore kom in die nuwe wêreld van die saambestaan van mens en masjien word ook verryk deur lesse uit die natuur wat nuwe gedrag inspireer. Hierdie lesse word nie in bestuurskole of kulturele nalatenskap geleer nie, maar in natuurlike oplossings wat vir miljoene jare plooibaar, effektief en doeltreffend is. Ons bespreek die grondslag van ʼn konseptuele denkmodel van leierskap wat deur die natuur geïnspireer is. Dit gee ʼn beginpunt om ʼn bewustheid te skep van hoe natuurgeïnspireerde leierskap aangewend kan word. Enigiets wat vanuit die natuur gemodelleer word, moet verstaan word teen die agtergrond dat modelle vereenvoudigings is van die werklikheid in die natuur, wat ʼn komplekse stelsel is, en dat dit nie ten volle verstaan word nie. Ons doelwit moet nooit wees om die natuur te kopieer nie, maar om beginsels daaruit te onttrek.