The main aim of this investigation is to give a detailed
description of the morphology, the syntax and finally the
semantic function of the different pronouns found in
siSwati. Before this is done (in Chapters 2 - 4) the
modern and traditional views regarding pronominalisation
in the Bantu languages are analyzed and evaluated (in
Chapter 1). It is concluded that the traditional view
which regards the so-called pronouns in the Bantu
languages and in siSwati in particular as words that
replace nouns in sentences is unfounded and that the
basic function of these words is, in fact, that of
nominal determiners and that they become pronouns only
when the nouns have been omitted in discourse.
In chapters 2 - 4 the morphological structure of the
different kinds of pronouns in siSwati is analyzed. In
the case of the demonstratives the conflicting views
concerning the assumed structure of these pronouns are
examined and evaluated. It is concluded that the
assumption that these words are formed by means of noun
class prefixes is unjustified and that they, in fact, are
formed by means of agreement morphemes.
An analysis of the semantic features of the pronouns has
inter alia revealed that the so-called absolute pronouns
have a dual semantic function depending on whether they precede or follow their coreferent noun. When they
appear in post-nominal position they serve to contrast
their coreferent noun whilst they emphasize their
coreferent noun when they appear in pre-nomonal position.
In addition to the morphological and semantic description
of the different kinds of pronouns a detailed description
of their syntactic features is also given.
In the final Chapter the focus falls on the concordial
system in the Bantu languages. The chapter ends with a
brief outline of certain prominent views concerning the
possible historical development of agreement in the case
of subjects, objects and adjectives in the Bantu
languages.
Afrikaans: Die vernaamste doel van hierdie ondersoek is om ·n
gedetailleerde beskrywing van die morfologie, die
sintaksis en laastens die semantiese funksie van die
verskillende soorte voornaamwoorde in siSwati te gee.
Alvorens dit gedoen word (in hoofstukke 2 - 4), word die
tradisionele en moderne beskouings omtrent
pronominalisasie in die Bantoetale eers in oenskou geneem
en ook geevalueer (hoofstuk 1). Dit word gekonkludeer dat
die tradisionele beskouing ingevolge waarvan die
sogenaamde voornaamwoorde beskou word as woorde wat
naamwoorde in sinne verplaas ongegrond is en dat die
basiese funksie van hierdie woorde in feite
naamwoordelike bepalers is en dat hulle slegs
voornaamwoordelik raak wanneer die naamvoord waarmee
hulle korefereer uit die diskoers weggelaat word.
In hoofstukke 2 - 4 word die morfologiese struktuur van
die verkillende soorte voornaamwoorde in siSwati
geanaliseer. In die geval van die demonstratiewe word
teenstrydige standpunte omtrent die veronderstelde
morfologiese samestelling van hierdie voornaamwoorde
ondersoek en geevalueer. Die gevolgtrekking word gemaak
dat hierdie woorde nie met behulp van klasprefikse gevorm
word soos wat sommige grammatici te kenne gee nie maar
met behulp van kongruensie morfeme. Die ontleding van die semantiese kenmerke van die
voornaamwoorde het ender meer aan die lig gebring dat die
sogenaamde absolute voornaamwoorde ·n dubbele semantiese
funksie het afhangende daarvan of hulle die naamwoord
waarmee hulle korefereer volg of dit voorafgaan. Wanneer
hierdie voornaamwoorde postnominaal optree kontrasteer
hulle die betrokke koreferente naamwoord en wanneer hulle
prenominaal optree emfatiseer hulle hierdie naamwoord.
Bo en behalwe die morfologiese en semantiese beskrywing
van die verskillende soorte voornaamwoorde word ook n
gedetailleerde beskrywing van hulle sintaktiese kenmerke
gegee.
In die laaste hoofstuk val die soeklig op die konkordiale
sisteem in die Bantoetale en die rol wat dit in die
pronominalisasieproses in hierdie tale speel. Daar word
gekonkludeer dat die werklike voornaamwoorde in die
Bantoetale die kongruensie of sogenaamde konkordiale
morfeme is. Die hoofstuk word afgeeindig met 'n bondige
uiteensetting van enkele prominente beskouings oor die
moontlike historiese ontwikkeling van kongruensie in die
Bantoetale met besonder verwysing na die ontwikkeling van
onderwerp- en voorwerpkongruensie asook kongruensie in
die geval van adjektiewe. Die ontleding van die semantiese kenmerke van die

die geval van adjektiewe.