Abstract:
Alhoewel die feit dat kredietverlening by wyse van 'n paaiementsooreenkoms breedvoerig deur die National Credit Act gereguleer word algemeen bekend is, is die wisselwerking tussen die National Credit Act en ander wetgewing ten aansien van paaiementsooreenkomste nie alom bekend nie. Die aantekening oorweeg spesifiek die sui generis toepassing van die Wet op Belasting op Toegevoegde waarde wanneer goedere wat kragtens 'n paaiements(krediet)ooreenkoms gefinansier is, vrywillig teruggegee of in herbesit geneem word. Aangesien laasgenoemde wet spesifieke bepalings ten op sigte van berekening van BTW in geval van vrywillige teruggawe of herinbesitneming bevat, beklemtoon die bydrae die belang daarvan om wetgewing nie in isolasie te beskou nie.