Abstract:
Hierdie artikel handel oor die verpolitisering van gedenktekens, monumente, museums
en historiese terreine wat as toeristebesienswaardighede dien. Dit bevat eerstens ‘n
uiteensetting van die wisselwerking tussen kultuur, erfenis, toerisme en politiek en
tweedens ‘n ontleding van die konsep ontstaansmite en hoe dit toerisme in Suid-
Afrika sowel voor as na 1994 beïnvloed het. Derdens volg ‘n uiteensetting van die
aanbieding van Suid-Afrika se kultuurbesit aan toeriste. Die argument wat aangevoer
word is dat die gesamentlike kragte van die ontstaansmite en politieke korrektheid dit
feitlik onafwendbaar maak dat politiek ‘n bepalende invloed sal uitoefen op die wyse
waarop erfenis- en kultuurbesienswaardighede hulle boodskap aan toeriste uitdra.
Die situasie in Suid-Afrika voor 1994 word met die huidige stand van sake vergelyk
en die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat hoewel toerisme tans te midde van die
afwesigheid van politieke onstabliteit veel gemakliker funksioneer, politiek voor en
na daardie bekende datum ‘n massiewe impak op toerisme gehad het. ENGLISH : This article is about the politicisation of memorials, monuments, museums and
historical sites that serve as tourist attractions. Firstly it includes an analysis of the
interplay between culture, heritage, tourism and politics, secondly an analysis of the
concept foundation myth and its impact on tourism in South Africa both before and
after 1994 and thirdly an analysis of the presentation of South Africa’s cultural property to tourists. The argument advanced is that the twin forces of the foundation myth
and political correctness make it almost unavoidable that politics will determine the
way in which cultural and heritage attractions convey their message. The position in
South Africa before 1994 is compared with the present state of affairs and the
conclusion is reached that even though tourism operates more easily at present in
the absence of political instability, politics has had a massive impact both before and since that well-known date.