Abstract:
Die navorsingstuk ondersoek die interpretasie van die Grondwet deur regsprekende, met aandag op die Handves van Menseregte,2 asook ander wetgwing. Klem gaan veral geplaas word op die regsprekende gesag se algemene magte, verpligtinge en die rol wat hul speel in ‘n demokratiese staat. Verder in die navorsingstuk word die invloed wat hul oortuigings en beginsels het op hul uitsprake ondersoek om vas te stel tot watter mate onpartydigheid en onafhanklikheid gewaarborg kan word.