Over the past more or less three decades the use of multimedia resources within the
church increased drastically due to technological development and the increased use of
multimedia in the secular industry. In the Dutch Reformed Church of South Africa, the
usage of multimedia also increased during this period. Due to the fact that symbols and
rituals play a big part in the liturgy of this denomination, the need to research this
phenomenon theologically has become evident.
Another phenomenon that occurs is that preachers in this specific denomination have
become a luxury in some contexts. Many of the rural farming communities still have the
need for a traditional church service, but do not have the necessary resources to offer
this. There are multiple reasons for this phenomenon, including urbanization.
The result is that preachers have to serve more than one church at the same time, in
multiple contexts and usually over big demographic areas. So how does one preacher
serve more than one congregation at a time on a Sunday morning? How does one
person enter two different spaces at once? How does one person participate in two
different liturgies at once? It simply isn’t humanly possible, or is it?
The use of modern technology to create multiple spaces for the use of one person isn’t
a new concept for various church denominations throughout the world. Streaming the
visuals and audio of a liturgical space to another space makes it possible for one person
to facilitate a liturgy in more than one space, even if the two spaces are worlds apart.
But how does this affect the liturgy? How does the absence of the preacher affect the
congregation? Can the liturgy really reach its full potential without the physical presence
of the liturgist?
All of this begs the question: Can multi-media be successfully implemented within the
liturgical space to complement the liturgy and thereafter complete the ultimate reason
for being in the space of liturgy in the first place: serving God and bringing people into a
space of conversation and awe for the Lord Almighty?
Afrikaans: In die afgelope dekade of drie het die gebruik van multimediahulpbronne in die kerk
drasties toegeneem weens die toename in die gebruik hiérvan in die sekulêre wêreld. In
die Nederduitse Gereformeerde Kerk het die gebruik van multimedia ook toegeneem in
dieselfde tydperk. Die feit dat simbole en rituele ’n groot rol in die liturgie van hierdie
kerkdenominasie speel, noodsaak die teologiese ondersoek.van hierdie verskynsel.
‘n Ander uitdaging waarmee hierdie kerkdenominasie sit, is die feit dat liturge (as
tradisionele “dominees”), ’n luuksheid geword het in sommige kontekste. Baie van die
afgeleë boerderygemeenskappe het steeds die behoefte aan ’n tradisionele erediens,
maar het nie die nodige hulpbronne om dit te bewerk nie. Daar is verskeie redes
waarom hierdie fenomeen bestaan, verstedeliking ingesluit.
Die resultaat hiervan is dat liturge meer as een kerk, of preekpunt op ‘n slag moet
bedien in verskillende kontekste, en meestal in groot demografiese areas. Hoe kan dat
een persoon meer as een gemeente op ’n slag bedien? Hoe kan een liturg tegelykertyd
op twee plekke wees?
Die gebruik van moderne tegnologie om meer as een ruimte te skep sodat een persoon
op meer as een plek kan preek, is nie ’n nuwe verskynsel nie. Dit word reeds deur baie
kerkdenominasies regoor die wêreld gebruik. Oudiovisuele duitsending van een
liturgiese ruimte na ’n ander maak dit moontlik vir een liturg om ’n liturgie op twee
verskillende plekke te fasiliteer, al is die twee plekke wêrelde van mekaar af.
Die vraag is egter, hoe affekteer hierdie gebruik die liturgie? Hoe affekteer die
afwesigheid van die liturg die gemeentelede? Die groot vraag is: Kan die liturgie werklik
tot sy volle reg kom as die liturg nie teenwoordig is nie? Of anders gestel:
Komplementeer die implementering van multimedia die liturgie tot só ’n mate dat die
liturgie steeds kan doen waarvoor dit in die eerste plek daargestel is: om mense in
verwonderde gesprek met God te bring?