In this study there is, firstly, a focus on the problems that are associated with literary historiography. Traditionally, literary historiography has been linked to nasionalistic projects. However, in a rapidly globalising world, there are more and more efforts to frame a national literature in the context of world literature. Such efforts often deliver problems of their own. This study is especially focused on one of these problems, namely the so called problem of “Eurochronology”. Chapter one gives a detailed explanation of what exactly is meant by Eurochronology. In short, Eurochronology refers to the European-American models of literary historiography that have taken a central place in the field of world literature. Such models are based on the idea that a literature should undergo a “natural” development of certain literary periodes like realism, romanticism, modernism, postmodernism and so forth. In chapter two there is a discussion on the problems of periodisation, specifically the way in which Eurochronology is also prevalent in many Afrikaans literary histories.
Secondly, a possible alternative categorisation with which literary texts can be analysed is suggested based on the “fictional world of a text”. This opens up the possibility of analysing texts outside of “traditional” literary periods. Chapter three outlines Eric Hayot’s suggestion of how the fictional worlds of texts can be described. He suggests certain modes and mechanisms with which a single text can be analysed. In chapter four Hayot’s suggestion is “tested” by analyzing Afrikaans short stories, taken from Die Afrikaanse kortverhaalboek compiled by Abraham H. de Vries (2012). The conclusion in chapter five shows that there are, at least, two possiblities for using Hayot’s method. On the one hand, it becomes possible to compare texts even beyond linguistic, nationalistic and ideological borders. On the other hand, it is possible to have a different understanding of a text once it is viewed outside its “usual” and known periodic paramaters.
Hierdie studie stel in die eerste plek ondersoek in na die problematiek rondom literatuurgeskiedskrywing. Tradisioneel gaan literatuurgeskiedskrywing gepaard met nasionalistiese projekte. In ʼn snel globaliserende wêreld is daar egter toenemend pogings om nasionale letterkundes binne ʼn konteks van ʼn groter wêreldliteratuur te plaas. Sulke pogings lewer dikwels heelwat probleme op. Die studie fokus op een van die probleme, naamlik die indeling volgens periodes wat op “Eurochronologie” gebaseer is in literatuurgeskiedenisse. In hoofstuk een is ʼn breedvoerige bespreking oor Eurochronologie. Kortliks verwys Eurochronologie na die manier waarop Europees-Amerikaanse modelle van literatuurbeskouing dikwels ʼn sentrale plek in die veld van wêreldletterkunde beklee. Sulke modelle word onderlê deur die veronderstelling dat ʼn literatuur ʼn “natuurlike” ontwikkelingsproses moet volg waarin sekere literêre periodes voorkom, soos die realisme, romantiek, modernisme, postmodernisme en dies meer. In hoofstuk twee word die probleme van periodisering, spesifiek die probleem van die navolg van ʼn Eurochronologiemodel, en hoe dit ook in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis voorkom, uiteengestip.
In die tweede plek word ʼn moontlike alternatiewe manier voorgestel waarmee literêre tekste beskou kan word, naamlik deur die “fiksiewêrelde van tekste” te ondersoek. So ʼn beskouing maak dit moontlik om weg te beweeg van “tradisionele” periodiese indelings. Hoofstuk drie brei op een moontlike manier uit hoe so ʼn indeling gedoen kan word. Eric Hayot se voorstel, wat berus op die fiksiewêrelde wat tot stand kom in tekste, word in dié hoofstuk uiteengestip. Hayot dui ʼn aantal modusse en meganismes aan waarmee ʼn enkele teks ondersoek kan word. Hoofstuk vier pas die metode toe deur ʼn eksperiment op Afrikaanse kortverhale, geneem uit Die Afrikaanse kortverhaalboek saamgestel deur Abraham H. de Vries (2012), uit te voer. In hoofstuk vyf word twee moontlike gevolge van Hayot se metode aangedui. Aan die een kant bestaan die moontlikheid dat verskillende tekste met mekaar vergelyk kan word, wat ook buite die grense van taal, nasie en ideologie kan strek. Aan die ander kant word moontlike alternatiewe lesingsmoontlikhede vir tekste oopgemaak wat buite ʼn bepaalde perdiodekode en die gepaardgaande beskouings van ʼn periode bestaan.