Abstract:
Aanneming word oor die algemeen beskou as die voordeligste en mees koste-effektiewe
maatreël vir sorgbehoewende kinders. Nie alleen voorsien dit vir die aangenome kind substituut
ouerlike sorg op permanente grondslag nie, maar plaas dit ook die kind juridies
in dieselfde posisie as natuurlike kind van die aannemende ouers. Ondanks al hierdie
voordele is daar kommerwekkende onderbenutting van aanneming as alternatief vir
kinders wat behoefte het aan plaasvervangende ouerlike sorg. Die invoering van die
Kinderwet en strategie om aanneming aan te moedig het dus duidelik nie die gewenste
resultate opgelewer nie. Die artikel ondersoek die wyses waarop die bepalings in die
Kinderwet bedoel was om aanneming te fasiliteer. Daarbenewens word die howe se uitleg
van die relevante artikels, die nuwe probleme wat geïdentifiseer is en die wysigings vir
insluiting in die voorgestelde wysigingswet ook aangespreek en uitgewys. Redes vir die
onderbenutting van aanneming en ander moontlikhede om standvastigheid te bied vir
kinders vir wie aanneming nie moontlikheid is nie, word ondersoek. Uiteindelik word
uitgewys dat alhoewel aanneming steeds die voordeligste vir sekere kinders sal wees,
bykomende opsies geskep moet word om die unieke uitdagings van sorgbehoewende
kinders in Suid-Afrika aan te spreek.