Supply planning and traffic flow planning are major activities in the automotive
manufacturing environment worldwide. Traditionally, the impact of supply planning
strategies on plant traffic is rarely considered. This paper describes the development of a Decision Support System (DSS) that will assist automotive manufacturers to analyse the effect of supply planning decisions on plant traffic during the supply planning phase of their logistics planning process. In essence, this DSS consists of a Supply Medium Decision Support Tool (SMDST) (an interactive MS-Excel model
with Visual Basic interfacing) and a traffic flow simulation model tool (using eMPlant simulation software).
Verskaffingsbeplanning en verkeersvloeibeplanning is belangrike aktiwiteite in die motorvervaardigingsbedryf wêreldwyd. Tradisioneel word die uitwerking van
verskaffings-beplanningsstrategië op aanlegverkeer selde in ag geneem. Hierdie
artikel beskryf die ontwikkeling van ’n Besluitnemings Ondersteuningstelsel (DSS)
wat motorvervaardigers sal ondersteun in die analise van die effek van
verskaffingsbeplanningbesluite op aanlegverkeer tydens die
verskaffingsbeplanningsfase van hulle logistieke beplanningsproses. Hierdie DSS
bestaan hoofsaaklik uit ’n Verskaffings-vervoermiddel Besluitnemingshulpmiddel
(SMDST) (’n interaktiewe MS-Excel model met “Visual Basic” koppelling) asook ’n
simulasiemodel van verkeersvloei (met eM-Plant simulasiesagteware).