Afrikaans: Die studie gaan van die standpunt uit dat
universiteitsbiblioteke meer kreatief en innoverend moet
funksioneer as wat tans die geval is. Universiteitsbiblioteke
moet vandag komplekse uitdagings en geleenthede hanteer, soos
die veranderings in die akademiese kommunikasieproses, die
rol van die inligtingtegnologie en die klemverskuiwing van
die besit van inligting na die toegang tot inligting.
Universiteitsbiblioteke was oorspronklik produksie-ingestelde
organisasies, met die burokrasie as die mees algemene
organsiasievorm. Daar bestaan nie eksplisiete riglyne vir die
antwerp van kreatiewe en innoverende organisasies nie.
Die teoretiese studie ondersoek die drie veranderlikes:
organsiasiestruktuur, organisasiekultuur en -klimaat en die
rol van die persoonlikheid van individue in organisasies, ten
einde riglyne af te lei vir die antwerp van 'n kreatiewe en
innoverende universiteitsbiblioteek.
Tydens die empiriese studie word ondersoek ingestel na die
verband tussen die mate van kreatiwiteit en innovasie in
universiteitsbiblioteke en die organisasieklimaat. Die vyf
universiteitsbiblioteke wat as gevalle gekies is, se mate van
kreatiwiteit en innovasie is ondersoek deur die mees
kreatiewe en innoverende produk van elke
universiteitsbiblioteek te identifiseer en aan 'n
internasionale paneel vir beoordeling voor te le. 'n
Gestandaardiseerde klimaatmeetinstrument, naamlik die
Creative Environment Scales: Work Environment Inventory (WEI)
is gebruik om te bepaal in watter mate die klimaat van
universiteitsbiblioteke kreatiwiteit en innovasie ondersteun. Daar is op grond van die literatuurstudie van die algemene
organisasieteorie, en die veranderlikes:
organisasiestruktuur, organisasieklimaat en -kultuur, en
persoonlikheid van individue in organisasies, riglyne afgelei
om as raamwerk en gids vir die ontwerp van kreatiewe en
innoverende universiteitsbiblioteke te dien. Dit wil voorkom
asof die drie organisatoriese veranderlikes 'n belangrike rol
speel in kreatiewe en innoverende organisasies, en of daar
verbande tussen die veranderlikes bestaan. Wat die empiriese
ondersoek betref, blyk dit dat die operasionalisering van die
konstrukte kreatiwiteit en innovasie, asook
organisasieklimaat wat kreatiwiteit en innovasie ondersteun,
problematies is. Die grootte van universiteitsbiblioteke, met
die implikasie dat groter universiteitsbiblioteke oor meer
hulpbronne beskik, kan gesien word as 'n belangrike
veranderlike ten opsigte van die mate van kreatiwiteit en
innovasie.
Die waarde van die studie is gelee in die bydrae wat dit tot
die wetenskaplike uitbreiding van kennis maak. Die
teoretiese studie maak 'n bydrae tot die teorie van kreatiewe
en innoverende organisasies, terwyl die empiriese ondersoek
se waarde veral gelee is in die operasionalisering van die
konstrukte kreatiwiteit en innovasie.
English: This study takes the view that university libraries must
be more creative and innovative. University libraries must
face complex issues, such as changes in the academic
communication process, the role of information technology and
the change in emphasis from the possession of information to
the access to information. University libraries are
traditionally production orientated, with bureaucracy as the
preferred organization structure. Guidelines for the design
of creative and innovative organizations do not exist. The
theoretical study examines the three variables:
organizational structure, organizational culture and climate,
and the personality of individuals in organizations, in order
to develop guidelines for the design of creative and
innovative university libraries.
The empirical study examines the possible relationship
between the degree of creativity and innovation of university
libraries and the organizational climate. Five university
libraries were chosen for the case study. The degree of
creativity and innovation of the university libraries was
examined by identifying the most creative and innovative
product from each library. A panel of international experts
evaluated these products. A standardized climate measurement
instrument, the Creative Environment Scales: Work Environment
Inventory (WEI), was used to measure the degree to which the
climate of university libraries support creativity and
innovation.
Guidelines for the design of creative and innovative
university libraries were developed on the basis of a
literature study of organizational theory and the variables:
organizational structure, organizational culture and climate, and the personality of individuals in organizations. It seems
as if these three organizational variables play an important
role in creative and innovative organizations, and as if
there might be relationships between these variables. The
empirical study has shown that there are problems with the
operationalization of the constructs creativity and
innovation, as well as with organizational climate that
supports creativity and innovation. The size of university
libraries, with the implication that larger university
libaries have more resources, can be seen as an important
variable in terms of the degree of creativity and innovation.
The value of the study is founded in the contribution that is
made to the scientific expansion of knowledge. The
theoretical study makes a contribution to the theory of
creative and innovative organizations, while the empirical
study's value lies especially in the operationalization of
the constructs creativity and innovation.