Adam Small het ’n durende bewondering vir die digterskap van N.P. Van Wyk Louw gehad. Hy het hom beskou as ’n besonder begaafde denker, “een van die grootste denkers ter wêreld”. Vanaf sy essaybundel Die eerste steen? (1961) tot kort voor sy dood in sy rubriek in die Cape Times, die Kaapstadse dagblad, het hy sy bewondering verwoord. Sy belangstelling lei onder meer tot die bundeling van ’n aantal vertalings van Louw se gedigte met die titel Oh wide and sad land (1975), wat dien as ’n projek om Louw aan ’n breë, hoofsaaklik Engelssprekende leserspubliek bekend te stel. Small tree dus op as ’n kulturele bemiddelaar, ’n kulturele vertaler tussen die Afrikaanse Van Wyk Louw en ’n breë Engelssprekende publiek. In die artikel word aspekte van hierdie kulturele bemiddeling ondersoek. Aanvanklik word ’n aantal kort aantekeninge gemaak oor die begrippe kulturele bemiddeling en kulturele vertaling waarna Small se vertalings van Louw se gedig “Nietzsche” as voorbeeld van “transkulturele bemiddeling” ondersoek word. ’n Samehangende aspek van Small se kulturele bemiddeling, naamlik sy nawoord tot Oh wide and sad land, word daarna bespreek om aan te toon watter Louw-perspektiewe aan nie-Afrikaanssprekendes bekendgestel word. ’n Derde aspek van Small se kulturele bemiddeling, naamlik die wyse waarop hy Louw índink in eietydse kultuursituasies, word bespreek met verwysing na sy kommentaar oor huidige taalpolitieke kwessies. In die loop van die bespreking word aangetoon hoe Small soms problematiese aspekte van Louw se opvattings onderbeklemtoon ten gunste van gunstiger en meer positiewe interpretasies van sy denke. In die slotgedeelte word die verskillende fasette van die artikel saamgetrek in ’n beskouing oor “die soort mens” waarvan Small in sy gedig “Klawerjas” uit die gelyknamige bundel gewag gemaak. Die soort mens wat Small uit sy omgang met Louw abstraheer, is ’n mens van die intellek wat hom bó die waardes van die massa bevind.
This article is a revised version of the 2016 N.P. Van Wyk Louw Memorial Lecture presented at the invitation of the University of Johannesburg.
Adam Small had enduring admiration for the Afrikaans poet N.P. Van Wyk Louw from his first collection of essays Die eerste steen? (The first stone?, 1961) until his last column in The Cape Times, a Cape Town daily, published shortly before his death. He regarded Louw as an exceptional thinker, “one of the greatest thinkers in the world” and the Afrikaans language’s “noblest mind”. His early admiration resulted in a collection of translations of Louw’s poetry, entitled Oh wide and sad land (1975), in which he introduced the doyen of Afrikaans poetry to a broader, English-speaking readership. Small’s translations comprise a selection from Louw’s collections from Alleenspraak (Soliloquy, 1936) to Tristia, including extracts from Die dieper reg (The deeper right, 1942), Raka (1941) and Die pluimsaad waai ver (The plumed seed blows far, 1972). These translations represent Small’s personal canon of Louw’s poetry but also suggest, to some degree, the ideas, the subject matter and poetic craftsmanship that appealed to him. In his afterword entitled “Towards cultural understanding” Small relies on two of Louw’s essay collections, Lojale verset (Loyal resistance, 1939) and Liberale nasionalisme (Liberal nationalism, 1958), from two quite distinct periods in the Louw’s development as a poet-philosopher.