Abstract:
Die studie het deel van die Flourishing Learning Youth (FLY)-vennootskap tussen ? plattelandse skool en die Sentrum vir Veerkragtigheidstudies, Universiteit van Pretoria, gevorm. Die doel was om tot veerkragtigheidsteorie in ? Suid-Afrikaanse konteks by te dra deur jongmense se uitdrukkings van beskikbare beskermende hulpbronne, soos dit in bestaande opvoedkundige sielkundige intervensiedata vergestalt is, te beskryf. Die nie-eksperimentele, sekondêre data-analise studie is gedoen uit ? kwalitatiewe raamwerk en met fenomenologie as metateoretiese paradigma. Databronne van jongmense (n=48: manlike=26; vroulik=22) is doelgerig, uit ? twee-jaar datastel, vir deduktiewe analise aan die hand van a-priori kategorieë (individuele beskermende hulpbronne, verhoudings as beskermende hulpbron, skool as beskermende hulpbron en gemeenskapshulpbronne), geselekteer. “Persoonlikheid” is deur beide seuns en meisies in die plattelandse konteks uitgelig. Meisies het veral die volgende as relevante beskermende hulpbronne uitgewys: Individuele beskermende hulpbronne (kognitiewe bekwaamhede, sosio-emosionele bekwaamhede, normatiewe bekwaamhede, liggaamlike bekwaamhede, vaardighede en belangstellings), verhoudings (verhoudings met familie), skool (infrastruktuur by skool, onderwysers, skool as plek van opvoeding), en gemeenskap (dienste en infrastruktuur, ontspanning en sosiokulturele aktiwiteite en sosio-ekonomiese hulpbronne). Daarteen is drome en aspirasies, verhoudings (portuurgroep en betekenisvolle ander) en gemeenskap as plek van waarde gereeld deur seuns aangedui. Opvoedkundige sielkundige groepsgebaseerde aktiwiteite het dit vir jongmense in ? plattelandse skool moontlik gemaak om beskermende hulpbronne aan te dui wat vir verskillende jongmense oor die twee jaar standvastig vertoon het.