In Emily Brontë’s Wuthering Heights, illness and death cause characters to foresee, fear and
react to other characters’ deaths. In this article, I explore the significance of Cathy’s anticipatory
mourning of, and response to, the eventual actual deaths of her ailing father, Edgar, and her
sickly cousin, Linton. Core 19th-century perspectives and fears relating to illness and death are
both evident and contested in the representation of Cathy’s anxiety and suffering. I also
investigate how Cathy’s grief is exacerbated by and affects the behaviour of other characters,
notably Nelly, Linton, Heathcliff, Zillah and Hareton. The depiction of these characters’
responses to Cathy’s misery enriches their portrayal, implying that Cathy’s fear and grief are
integral to both the novel’s plot and its character development.
In Emily Brontë se Wuthering Heights
noop siekte en sterftes karakters daartoe om ander karakters se dood vooruit te sien, te vrees
en daarop te reageer. In hierdie artikel ondersoek ek die betekenis van Cathy se antisiperende
rou op grond van die moontlikheid van en reaksie op die uiteindelike werklike dood van haar
ongestelde vader, Edgar, en haar sieklike neef, Linton. Prominente 19de-eeuse perspektiewe
op en vrese rondom siekte en die dood word beskryf en bevraagteken in die uitbeelding van
Cathy se angs en smart. Ek stel ook ondersoek in na die wyse waarop Cathy se hartseer
vererger word deur die gedrag van ander karakters, in die besonder Nelly, Linton, Heathcliff,
Zillah en Hareton, en hoe haar smart hulle beïnvloed. Die uitbeelding van hoe hierdie karakters
op Cathy se lyding reageer, verryk hul karakterisering, wat impliseer dat Cathy se vrees en
smart integraal is tot die roman se intrige en karakteruitbeelding.