Abstract:
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ingevolge artikel 11(1)(a) en (g) twee eiendomme
wat die respondent gehuur het sonder lasbrief deursoek en op verbode dwelms beslag
gelê. Die respondent is aangekla en het aansoek by die Wes-Kaapse hoë hof gebring
waarin sy versoek het dat die twee operasies onbestaanbaar met artikel 14 van die Grondwet verklaar word en daarom ongeldig is. Die Hoë Hof het saamgestem. Die applikante
het ingevolge artikel 172(2) van die Grondwet die Konstitusionele Hof vir bevestiging
van die bevel van ongeldigheid genader.
Die Konstitusionele Hof het bevind dat die magte in artikel 11(1)(a) en (g) op artikel 14
inbreuk gemaak het en dat die inbreuk ingevolge artikel 36 van die Grondwet nie redelik
en regverdigbaar in oop demokratiese samelewing was nie. Die hof het beveel dat die
bevel van ongeldigheid nie terugwerkend sal wees nie en dat die bevel van ongeldigheid
ook nie opgeskort hoef te word nie.
Ek bespreek die aard van die beskermde belang(e) en die vereistes vir en beperkings op
geldige lasbrief. Ek verduidelik dat artikel 11(1)(a) en (g) ver te kort skiet en dat daar
nooit werklike kans was dat die bepalings grondwetlike betragting sou oorleef nie. Ek
herinner dat dit nie beteken dat die getuienis wat ingevolge onwettige ondersoek verkry
is nie toegelaat kan word nie.