Abstract:
Die beskerming van die onafhanklikheid van die regbank begin met die proses waarvolgens
regters aangestel word. In Julie 2012 het voormalige hoofregter Pius Langa
gewaarsku dat die samestelling en werk van die Regterlike Dienskommissie (RDK) – die
grondwetlike liggaam wat verantwoordelik is vir die aanbeveling van regters vir aanstelling
in al die hoër howe van Suid-Afrika – die publiek se vertroue in die regbank moet
verseker. Ongelukkig, tot toenemende mate, versuim die RDK om vertroue in te
boesem dat dit wel in die beste belang van onafhanklike regbank optree. Die RDK het
vasgeval in omstredenheid en ervaar legitimiteitskrisis. Belangrike punt van kritiek
teen die RDK, en die fokus van hierdie bydrae, is die blatante onregverdigheid in die
RDK se onderhoudsprosedures, insluitende die gebrek aan deursigtigheid in die RDK se
keuringskriteria en evaluasieprosesse. Hierdie bydrae stel ten doel om die onderhoudsprosedure
van die RDK te meet teen insigte verkry uit dekades van navorsing op die
gebiede van industriële-, organisatoriese- en kliniese sielkunde oor die voorspellingsakkuraatheid
van “ongestruktureerde” en “gestruktureerde” onderhoude. Dit behoef geen
betoog dat die RDK se onderhoudsprosedure hoogs ongestruktureerd is nie. Nie alleen is
die resultaat van navorsing konsekwent dat ongestruktureerde onderhoude so gebrekkig is
in die voorspelling van toekomstige werksprestasie as om feitlik nutteloos te wees nie,
maar boonop benadeel sodanige onderhoude voorspellings-akkuraatheid wesenlik. Die
tipiese ongestruktureerde onderhoud is vatbaar vir verskeidenheid van vooroordele in
die insameling van inligting, oordeel en besluitneming. Ek argumenteer dat, tensy die
RDK se onderhoudsprosedures radikaal gewysig word om “gestruktureerde” onderhoudsformaat
aan te neem, die RDK se huidige legitimiteitskrisis net sal verdiep, met
potensiële rampspoedige gevolge vir die gehalte en onafhanklikheid van die regbank.
“To distrust the judiciary marks the beginning of the end of society” – Honoré
Balzac.