Abstract:
Aanspreeklikheidbepalings vir gebreke in konstruksiewerke verskil aansienlik van mekaar
in die bepalings wat alledaags in die kommersiële omgewing gebruik word. Aanspreeklikheid
vir gebreke in konstruksiewerke word in standaardvormkontrakte gereguleer volgens
die verskillende voltooiingstydperke. In hierdie artikel word die verskillende aanspreeklikheidsperiodes
of voltooiingstydperke soos vervat in die JBCC en GCC met mekaar
vergelyk. Daar word kortliks ook verwys na die assessering van C eis vir skadevergoeding
gebaseer op kontrakbreuk asook deliktuele aanspreeklikheid en wat kontrakteurs kan doen
ten einde moontlike toekomstige eise te vermy of te beperk.