Many buildings in Pretoria’s central business district stand empty and bandoned. These buildings are being looted, stripped and vandalised, resulting in a great deal of damage that eventually leads to their destruction. The Extramural Building is an iconic modernist building that has served the city well over its lifetime. It has stood abandoned and empty for the last seven years, is in a state of disrepair, and is on the verge of being lost and forgotten.
The intention with the dissertation is to connect the past and the future by investigating the potential of old buildings with the aim of retaining their existing fabric and cultural significance. Heritage practice and theories of adaptation are investigated to generate a theoretical framework for the remodelling of old buildings. A statement of significance is developed by investigating the historical context of the building. The Tshwane Inner City Regeneration Framework is used as a starting point for the development of an urban framework for the project. An appropriate program is chosen, derived from the theoretical framework, statement of significance and urban framework. Appropriate precedent studies serve as examples of the discussed theory, urban framework, program and conceptual intentions.
The design of a proposed intervention is developed within the established urban framework by applying the theoretical framework. The navigation of the complexities between heritage practice and remodelling ultimately allows a new interpretation of the building to emerge. The argument and its eventual expression results in an intervention that allows the Extramural Building to reclaim its role in the city, unlocking its latent potential, and retaining its inherent cultural value.
‘n Groot aantal geboue in Pretoria se sentrale besigheidsdistrik staan leeg en verlate. Hierdie geboue word gereeld deur vandale gestroop en geplunder; hulle rig verstommende skade aan wat uiteindelik tot die vernietiging van die geboue lei. Die Buitemuurse Gebou is ‘n ikoniese, moderne gebou wat vir lank ‘n positiewe bydrae tot die stad gelewer het. Die gebou staan al sewe jaar lank leeg en is baie vinnig besig om te verval, wat sonder drastiese ingryping ongetwyfeld tot die gebou se finale vernietiging sal lei.
In die verhandeling word daar gepoog om die verlede en toekoms te versoen deur die potensiaal van ou geboue te ondersoek met die doel om die geboue en hul kulturele waarde te behou. Erfenispraktyk en aanpassingsteorieë word ondersoek om ‘n teoretiese raamwerk vir die herbenutting van ou geboue te genereer. ‘n Verklaring van betekenis word ontwikkel deur die gebou se geskiedenis te ondersoek. Die Tshwane Middestad Ontwikkeling- en Herlewingstrategie word as ‘n beginpunt vir die ontwikkeling van ‘n stedelike raamwerk vir die projek gebruik. ‘n Toepaslike gebruiksprogram word afgelei uit die teoretiese raamwerk, die verklaring van betekenis en die stedelike raamwerk. Die studie word deur toepaslike gevallestudies as voorbeelde van die tersaaklike teorieë, stedelike raamwerk, program en konseptuele doelwit van die projek ingelig.
Die ontwerp van die voorgestelde ingryping word binne die bestaande stedelike raamwerk in oorleg met die teoretiese raamwerk ontwikkel. Die ondersoek van die kompleksiteite wat tussen erfenispraktyk en aanpassingsteorieë bestaan maak nuwe interpretasies van die ou gebou moontlik. Die argument, en uiteindelike uitdrukking daarvan, word gevolg deur ‘n ingryping wat die Buitemuurse Gebou toelaat om weer sy rol in die stad te vervul en so die latente potensiaal van dié gebou te ontgin, maar ook die inherente kulturele waarde daarvan te laat voortbestaan.