Abstract:
As 'n persoon uit 'n afgelee plattelandse gebied wat deels in 'n Derdewereld-kultuur beweeg, blootgestel word aan artikels en programme van die duiselingwekkende moontlikhede wat modeme tegnologie bied, kan daar baie maklik in 'n strik getrap word deur te dink dat tegnologie op sigself die uitkoms uit die probleme van armoede, agterstande en ongeletterdheid is. Dit het al soveel kere op alle terreine in ons land gebeur dat hoe ideale wel teen die werklikhede verpletter word. As die baie uiteenlopende aannames en uitsprake in die literatuur wat uit alle dele van die wêreld en in Suid-Afrika oor hierdie onderwerp beskikbaar is, bestudeer word, kan algehele verwarring in so 'n persoon se gedagtewêreld ontstaan. Dit is soms baie moeilik om te bepaal uit watter hoek of perspektief 'n skrywer die onderwerp van tegnologie benader. Uit blanke Suid-Afrika en uit die Westerse wêreld se oogpunt word die gebruik en invloed van tegnologie anders gesien as uit die van 'n navorser uit Amerika wat in Botswana of Zimbabwe gewerk het. 'n Onderwyser uit 'n stedelike gebied se ervaring van tegnologie verskil van sy eweknie uit 'n landelike gebied. ‘n Onderwyser in 'n plattelandse gebied sal anders gemotiveerd wees waarom en hoe hy die wêreld met tegnologie wil verbeter as die ekonoom wat deur werkskepping en finansies gedryf word. Elke persoon is egter oortuig daarvan dat hy of sy die antwoord het om van die wereld 'n beter plek te maak as daar net aan sy gedagterigting op daardie bepaalde tyd van sy denke gestalte gegee kan word. Om as onderwyser midde-in die realiteit van 'n grootskaalse verandering te staan is tegelykertyd opwindend en
beklemmend.