Abstract:
Die doel met hierdie studie is tweeledig. Eerstens is dit 'n poging om die aandag te vestig op die belangrike rol wat kunshandelaars speel in die bevordering van kuns en tweedens om 'n familiesaak wat 'n groot aandeel gehad het in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis, onder die aandag te bring.