Abstract:
Die geweldadige stakings in die platinumbedryf gedurende die lente van 2012 herinner aan die stakings in die goudmynbedryf 90 jaar gelede. Voor die Eerste Wêreld Oorlog het ontwrigtende stakings deur wit mynwerkers in 1907 tot die aanvaarding van die Transvaal Industrial Disputes Act 20 van 1909 aanleiding gegee. Na die oorlog wou mynbestuur semi-geskoolde wit werkers met laer besoldigde swart werkers vervang. Dit het tot die 1922-mynwerkersrevolusie aan die Rand aanleiding gegee. In opdrag van Jan Smuts het die burgermag die onrus onderdruk en het 153 mense tydens gevegte gesterf en 687 is beseer. Kort na die onluste is die Nijverheid Verzoenings Wet 11 van 1924 gepromulgeer (J Myburgh “100 Years of Strike Law” (2004) ILJ 962).