Abstract:
Die doel van hierdie verhandeling is ‘n oorsig van die lewe en waterverfkuns van Maud Sumner. Daar is tot dusver relatief min geskryf oor haar werkswyse as waterverf-kunstenares en die omvang van haar skilderkuns. Die kunservaring wat sy in lande soos Engeland en Parys opgedoen het, dra verreikend by tot haar waterverfkuns.