Abstract:
Sedert vroeë pistoriese tye tot ongeveer die vyftiende eeu N.C. het die mens, as motief, die belangrikste rol in die skilderkuns gespeel. Die menslike gestalte het hoofsaaklik as middel tot uitbeelding van ‘n gebeure gedien. Die kuns het veral in diens van die tempel of kerk gestaan. Die geskrewe woord was deur verhalende skilderye vervang, vmt die bybelse gebeurtenisse uitgebeeld het.
Die werke wat die materiaal van hierdie studie uitmaak lewer bewys daarvan dat die inwoners van Pretoria oor die loop van jare ‘n groeiende belangstelling in skilderkuns aan die dag gelê het. By opsporing daarvan, wat hoofsaaklik op persoonlike besigtiging van talryke versamelings berus, is baie werke teengekom buite die engere bestek van hierdie ondersoek. Dit is algemeen bekend dat veral private versamelaars die hoofklem op landskapstukke laat val het tot hiertoe, veel meer as op portret of figuurstukke. Ek meen aanduidings te kan sien dat, net soos vir stillewes, die belangstelling in portret en figuurskildering besig is om gaandeweg toe te neem. So gesien besit Pretoria alreeds ‘n gebalanseerde versameling oor die algemeen. Sy skat van portretwerke en figuurvoorstellinge is op sigself al ‘n ryke kultuurerfenis wat op algemene erkenning aanspraak maak.