Abstract:
Hierdie studie bestaan uit ses hoofstukke. Die eerste hoofstuk is ‘n bibliografie en vertel van Potgieter se lewe, skeppingsoomblikke, en belangrikste beelde. Hoofstuk twee vertel van Potgieter se bydrae tot die Suuid-Afrikaanse publiek en om die Afrikaner beeldhoubewus te maak. Hoofstuk drie handel oor sy tegniek en styl, en om dit wat kenmerkend aan Potgieter is te beklemtoon. Hoofstuk vier verduidelik die betekenis van Potgieter se kuns, en hoofstuk vyf ontleed vier beelde krities.