Abstract:
By die kritiese benadering en beoordeling van die werke van 'n land se kunstenaars, onstaan automaties die vraag: In hoeverre noet hierdie kunswerke beskou word as synde verteenwoordigend en tipies van daardie land se kuns in die algemeen? By sommige gaan hierdie poging om om iets eie, iets gemeenskapliks en unieks aan die kunstenaars van 'n sekere land toe te ken. Hulle begin byvoorbeeld praat van 'n nasionale skildertradisie waarby 'n deurgaande kontinuiteit gebaseer op gemeenskaplike lewensonstandighede, in die stylontwikkeling aangeneem word. Hierdie aanvaarding van 'n bepaalde tradisie in die ontwikkeling is in sommige gevalle sowel eensydig as gevaarlik, omdat dit ons kan verblind vir unieke werk van individuele kunstenaars of omdat dit ons maklik kan beweeg tot uitsluiting van waardevolle kunsbydraes tot die landskuns as 'n geheel en veral omdat dit tot 'n valse behoudendheid kan lei deur die poging om in elk geval 'n partikuliere stempel te wil aandui met die oog op erkenning van die werk in die wyer kunswêreld.