Abstract:
Die vernaamste gedagte tydens die skrywe van die verhandeling is subjektief gebaseer op die verband tussen die intellektuele bewustheid en die emosionele uitlating in Karel Appel se skilderye. Verder is 'n objektiewe benadering gevolg om nader te kom aan die artistieke konstruksie-elemente in sy visuele kuns.
Die doel van die verhandeling Is nie van sintese en verklaring nie maar van analise en ontdekking, ten einde te probeer vasstel wat die hoofdryfvere in sy kuns vergestalt en hoe hy die besondere visuele trefkrag en algemene vormgewing wat sy werk kenmerk, bewerkstellig.
Die doel is nie om 'n historiese beskouing daar te stel nie en geen chronologiese ontwikkelingsgang word dus gevolg ni. Veel eerder word die wesenskenmerke wat in die kuns van Karel Appel in die besonder kenmerk in oënskou geneem, soos byvoorbeeld die skep van orde uit chaos, die vertrekpunt vanuit die algemene om by die spesifieke uit te kom en die aktivering van die doekoppervlak.