Abstract:
Die doel van hlerdie verhandeling is om die stylontwikkeling in Maggie Laubser se oeuvre na te gaan aan die hand van haar skilderwerk. Om in staat te wees om so 'n stylontwikkeling aan te stip, is sover as moontlik gepoog om 'n geheelbeeld van haar verteenwoordigende skilderwerk te verkry - dit wil sê van haar heel vroegste werk (1902) tot haar resentste werk (1962) is opgespoor en besigtig. Omdat die studie oor 'n bepaalde kunstenaar se stylontwikkeling handel, word die werk in periodes verdeel en chronologies bespreek; verder is gepoog om die rnees tiperende werke van so 'n periode uit te soek vir nadere
ontleding en bespreking.
Die periodes waarin Maggie Laubser se oeuvre hierin verdeel word, kan nie as waterdigte kompartemente beskou word nie aangesien 'n stylontwikkelling 'n geleidelike verandering toon. Die daarstelllng van verskillende periodes in die chronologiese verloop daarvan vergemaklik egter 'n studie daaroor alhoewel die gevaar van herhaling by die behandeling
nie altyd te ontkom is nie.