Abstract:
In hierdie studie sal derhalwe gepoog word om Huygens
se aansienlike aandeel tot die bevordering van die skilderkuns
van die 17de eeu -- die eeu toe die geestelike en
stoflike prestasies geen perke geken het nie -- te belig;
om aan te toon hoe hy getrag het om dle aansien van die
beroemde Oranje-Huis te verhoog met dle beste kunsproduk
wat die skeppers in staat was om te lewer; en hoe hy, met
sy groot kennis van die skilderkuns, opgetree het as 'n onontbeerlike
skakel tussen die Huis van Oranje en die skilders
van die 17de eeu.