Abstract:
Die gronddoel van hierdie ondersoek is om die belangstelling
in die motief van die dier van die veld soos dit
hom in die skilderkuns in Suid-Afrika openbaar deur die eeue
in hooflyne na te vors en om 'n algemene beeld van die verloop hiervan te vorm.
Die oorsig gegee in hierdie studie is meer beperk
tot die uitbeelding van die wildedier in die Suid-Afrikaanse
skilderkuns, en bepaal hom daarom by die Suid-Afrikaanse
wildedier. Daar word dus gepoog om die uitbeelders van
die Suid-Afrikaanse wildedier op te spoor, om van hulle
verskillende werke en benaderingswyses te noem en saaklik
te bespreek.