dc.contributor.advisor |
Van der Westhuysen, H.M. |
|
dc.contributor.postgraduate |
Van Graan, Riena |
|
dc.date.accessioned |
2016-11-21T11:53:52Z |
|
dc.date.available |
2016-11-21T11:53:52Z |
|
dc.date.created |
1964 |
|
dc.date.issued |
1964 |
|
dc.description |
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1964. |
en_ZA |
dc.description.abstract |
Hierdie ondersoek is aanvaar met die bewuste wete dat
dit sou gaan oor 'n kunstenaar wat in kunskringe nagenoeg
'n onbekende en obskure persoon is.
In A. Gordon-Brown se andersins verdienstelike en
oorsigtelike "Pictorial Art in South Africa during Three
Centuries to 1875" met biografiese en ander gegewens oor
kunstenaars in Suid-Afrika voor 1875, lees ons o.a. die
volgende, rakende die onderwerp van hierdie verhandeling: (“CANTY, D. Untraced. Water-colours of Natives c.l870 are
in the Africana Museum").
Dit is duidelik dat Gordon-Brown hier misgetas het
toe hy David Canty in die lys van kunstenaars voor 1875
geplaas het en dat sy geskatte datering van die betrokke
stukke in die Africana-Museum van Johannesburg foutief is.
Vir die doel van hierdie studie is gepoog om ook ander
werke van die skilder op te spoor. Deur persoonlike navraag
en deur briewe geplaas in lesersrubrieke van vooraanstaande
dagblaaie, hoofsaaklik in die Transvaal, is die
ondersoek begin. So het, behalwe die 105 stukke in die
Canty-versameling, wat die kern van my ondersoek uitmaak,
en die vier in die Africana-Museum, nog 42 ander skilderye
aan die lig gekom. 'n Mens kan aanneem dat daar wel heelwat
meer geskilder is as die 151 wat hier genoem word.
Aangesien hierdie genoemdes wel voorbeelde oplewer van sy
werke uit 'n lang periode geskilder, kan dit met veiligheid
as 'n tiperende deursnit van sy kuns beskou word.
'n Katalogus vir die skilderye in die versameling
en die ander wat opgespoor kon word, is opgestel. Die engelse titels is deur die kunstenaar self aan sy werke
gegee; die Afrikaanse titels is deur my gegee. |
af_ZA |
dc.description.availability |
Unrestricted |
en_ZA |
dc.description.degree |
MA |
en_ZA |
dc.description.department |
Visual Arts |
en_ZA |
dc.identifier.citation |
Van Graan, R 1964, Die werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58230> |
en_ZA |
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/58230 |
|
dc.language.iso |
Afrikaans |
en_ZA |
dc.publisher |
University of Pretoria |
en_ZA |
dc.rights |
© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
en_ZA |
dc.subject |
UCTD |
en_ZA |
dc.title |
Die werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns |
af_ZA |
dc.type |
Dissertation |
en_ZA |