Abstract:
Hierdie proefskrif het as doel die daarstelling van ‘n wetenskaplik-
verantwoorde verkenning van die skilderkunstige werk van
Floris Jespers (1889 - 1965) as 'n verteenwoordiger van die Vlaamse
Ekspressionisme in Belgie.
Die fenomenologiese aard van die studie en uitgangspunt
daarvan lê in die eerste plek in die wese van die kunswerk self geanker.
Dit was my strewe om die besondere estetiese kwaliteite -
die tegniese sowel as die visionêre vormtaal - van die Jespersoeuvre
aan 'n grondige ondersoek te onderwerp; verder, om te probeer
vasstel in hoe vêr dit sou beantwoord aan die volkseie oorspronklikhede
van die Vlaams-ekspressionistiese klimaat wat gedurende
die twintigerjare van hierdie eeu 'n hoogtepunt in Belgie bereik
het.
'n Wetenskaplike geskrif omtrent die kern van my onderwerpstudie
is tot op datum nog nie gepubliseer nie.