dc.contributor.advisor |
Van der Westhuysen, H.M. |
|
dc.contributor.postgraduate |
Van Jaarsveld, Marlette Ingrid |
|
dc.date.accessioned |
2016-11-15T06:33:05Z |
|
dc.date.available |
2016-11-15T06:33:05Z |
|
dc.date.created |
1971 |
|
dc.date.issued |
1971 |
|
dc.description |
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1971. |
en_ZA |
dc.description.abstract |
Moses Kottler is in 1892 in die Russiese dorpie
Joniskis in Littoue gebore. Reeds op vierjarige ouderdom
het hy 'n besondere aanleg in beeldhoukuns geopenbaar. In
1911 immigreer die Kottler-gesin na Suid-Afrika. Moses
word egter na die Bazalel Kunsskool in Jerusalem gestuur
waar hy skilder- en tekenkuns bestudeer, maar teen die einde
van dieselfde jaar vertrek hy na Munchen, Duitsland om
soortgelyke opleiding aan die Akademie van Kuns te ondergaan.
Gedurende 1913 besluit hy om hom in Parys verder te
bekwaam en al daar het hy vir hom 'n ateljee gehuur en vir
die eerste keer self beeldhouwerk gedoen. Met die uitbreek
van die Eerste Wêreldoorlog het Kottler na Suid-Afrika teruggekeer.
Hy vestig hom gedurende 1915 in die Oudtshoorndistrik waar hy hom op skilder- sowel as beeldhouwerk toelê.
In 1917 besluit hy om hom in Kaapstad te vestig. Gedurende
1922 het Kottler sy eerste openbare eenmanuitstalling
in die Stadsaal van Kaapstad gehou. Gedurende die
jaar laat hy 'n aantal van sy werke tydens sy besoek aan
London in brons giet. In 1924 hou hy in die Ashbey Kunssaal
in Kaapstad 'n uitstalling saam met mej. D. Taylor.
Reeds op hierdie vroeë stadium het Kottler bekendheid as
beeldhouer in Kaapstad verwerf en het hy gevolglik ook verskeie
opdragte ontvang. In 1928 tree hy met mej. Eva Goldberg
in die huwelik en vertrek kort daarna op 'n driejarige
studiereis na Europa. Tydens hulle verblyf in London het
Kottler in die Leicester-galery van sy werke uitgestal.
Na hulle terugkeer na Suid-Afrika het Kottler gedurende
1932 op uitnodiging van Prof. M.L. du Toit 'n uitstalling
van sy werk in die Macfadyensaal in Pretoria gehou.
In dieselfde jaar vestig die Kottlers hulle in Johannesburg.
In 1949 het Kottler die Suid-Afrikaanse Akademie
vir Wetenskap en Kuns se goue medalje vir sy besondere
bydrae tot kuns in Suid-Afrika ontvang. Verskeie van sy
werke wat op internasionale uitstallings ten toon gestel is,
het groot lof ingeoes.
Kottler staan bekend as 'n kunstenaar wat daarna
streef om uitdrukking te gee aan die werklikheid. Hierin
slaag hy omdat hy 'n skerp waarnemingsvermoë besit, in
diep gevoel vir die fynhede van uitdrukking en 'n bekwaamheid
om deur te dring tot die wese van sy onderwerp. Eenvoud
is Kottler se uitgangspunt sodat hy die optimale resultaat
verkry uit wat oenskynlik die minimum van inspanning
verg. Sy beeldhouwerke is nog uitsluitlik modern, nog uitsluitlik
konvensioneel omdat hy horn by die ouer styl kan
aanpas en nietemin waarderend teenoor sommige moderne neigings
staan. Kottler se styl word tot 'n groot mate deur
die materiaal wat hy gebruik bepaal. In sy gemodelleerde
werke is daar minder stilering as in die werke wat hy uit
klip of hout gebeitel het.
Kottler het verskillende genres beoefen: Hy het
portretopdragte van staatsmanne en van leidende figure op
kulturele en geestelike gebied ontvang. Hy het ook verskillende
portretstudies van goeie vriende en veral van
kinders gemaak. Verder het hy verskeie figuurstudies van
jong vroue, Bantoe-meidjies, die Moeder en Kind tema en 'n
aantal reliëfs in hout, sement en klip gemaak. Afgesien
hiervan het hy ook 'n groot verskeidenheid bekende openbare
monumente wat hoofsaaklik in Johannesburg en Pretoria opgerig
is voltooi. Dit behoort dus duidelik te blyk dat Kottler
'n veelsydige kunstenaar is wat 'n indrukwekkende bydrae
tot die beeldhoukuns in Suid-Afrika gelewer het. |
af_ZA |
dc.description.abstract |
Moses Kottler was born in 1892 in the Russian village
of Joniskis in Lithuania. At the early age of four,
he already showed signs of a talent for sculpture. In 1911
the Kottler family immigrated to South Africa. Moses was
sent to the Bezalel Art School in Jerusalem where he studied
drawing and painting. Towards the end of the same
year he left for Munich, Germany for similar training at
the Art Academy.
During the year 1923 he decided to train further in
Paris. There he rented a studio and for the first time,
did sculpture himself. When the First World War broke out,
Kottler returned to South Africa. In 1915 he settled in
the Oudtshoorn district and devoted himself to both painting
and sculpture.
In 1917 he moved to Cape Town. It was here that he
held his first one man exhibition in the city hall in 1922.
During a visit to London ln the same year he cast a number
of his works in bronze. In 1924 he held a joint exhibition
with Miss D. Taylor in the Ashbey Art hall, in Cape Town.
At this early stage, Kottler was already a well-known
sculptor in Cape Town and as a result had received various
assignments. He married Miss Eva Goldberg in 1928 and
shortly afterwards undertook a three year study tour of
Europe. During their stay in London Kottler exhibited some
of his works in the Leicester Gallery.
After their return to South Africa, Kottler held an
exhibition in the Macfadyen Hall, Pretoria. This was at
the invitation of Prof. M.L. du Toit in 1932. In the same
year the Kottler family settled in Johannesburg. The South
African Academy for Arts and Science awarded him a gold medal
in 1949, for his exceptional contribution to art in
South Africa. Various works of the sculptor which have
been displayed on international exhibitions, have earned
much praise.
Kottler is known as an artist who strives to express
reality. He succeeds in this as he has an acute sense
of perception, a deep feeling for delicacy of expression,
and the ability to penetrate to the essence of the subject.
Simplicity is Kottler's starting point so that he obtains
the maximum results from what at a glance seems to demand
minimum effort. His sculpture is neither exclusively modern
nor exclusively conventional as he can adopt to the
older style and can, nevertheless, compare appreciatively
with some of the modern trends. Kottler's style is largely determined by the material he uses. His modelled works are
less stylistic than those which he has carved out of wood
or stone. Kottler uses several genres: He received assignments
for portraits from statesmen and from various leading
figures in the cultural and intellectual fields. He
also made various portraits of good friends and especially
of children. Further he made figure studies of young women,
Bantu girls, the mother and child theme and a number
of reliëfs in wood, cement and stone. Apart from these
he also completed a wide variety of public monuments which
have been mainly erected in Johannesburg and Pretoria. It
should therefore be evident that Kottler is a versatile
artist who has made an impressive contribution to sculpture
in South Africa |
en_ZA |
dc.description.availability |
Unrestricted |
en_ZA |
dc.description.degree |
MA |
en_ZA |
dc.description.department |
Visual Arts |
en_ZA |
dc.identifier.citation |
Van Jaarsveld, MI 1971, Moses Kottler, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58067> |
en_ZA |
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/58067 |
|
dc.language.iso |
Afrikaans |
en_ZA |
dc.publisher |
University of Pretoria |
en_ZA |
dc.rights |
© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
en_ZA |
dc.subject |
UCTD |
en_ZA |
dc.title |
Moses Kottler |
af_ZA |
dc.type |
Dissertation |
en_ZA |