Abstract:
Die uitstalling van die Sasol-kunsversameling is vanaf 30
Julie tot 13 September 1988 op die kampus van die Randse
Afrikaanse Universiteit aangebied. Dit was een van die
grootste uitstallings van kontemporêre Suid-Afrikaanse
skilderkuns.
Ek het ook hierdie gebeurtenis benut om my
museumkundeskripsie op te basseer. My doelstellings is
tweerlei van aard. Aan die een kant wil ek vir die Sasolmaatskappy
'n verwysingsdokument daar stel, aangesien dit hul
eerste uitstalling van die versameling was.
Aan die anderkant wil ek ook aan organiseerders en werkers
aan kunsuitstallings van so ‘n groot omvang ‘n paar
praktiese riglyne daar stel. Hierdie riglyne kan as raamwerk
dien waarvolgens soortgelyke uitstallings in die toekoms
gestruktureer kan word, aangesien die skripsie vanuit ‘n
praktiese oogpunt benader is.