A number of the dimensions of human experience are considered in this study: on the one hand we try to understand something behind the mystery of art and aesthetic experience, and on the other hand man's need for fulfillment, oneness and personal integration. In the life of the Afrikaans poet, Ingrid Jonker (1933-1965), we find a relationship between personal integration and creation of art.
In the beginning of the psycho biography of this poet the extraordinary role of
language and imaginative thinking in the movement towards wholeness are
investigated. Metaphors are born out of the relationship between language and
imagination - there where the physical and psychic worlds intervene.
The mystery behind art and creation is discussed. It is a fact that there is a relation
between an artist and his work and between man and his appreciation of art. When we
look at Sigmund Freud and Carl Jung in this way the road leads us back towards the
world of imagination. We discuss a few ideas of different authors on the concept of
imagination. Edward Murray's (1986) description of the wonderful world of a genuine
poetical lifestyle motivates us. Gaston Bachelard (1987) focuses especially on the
dynamic nature of imagination, which he maintains is all about a voyage. Metaphors
evoke one another and can form a string into infinity.
When we look at the meaning of his art for the word artist, Winnicot's (1986)
description of a sense of imaginary space is investigated. The transitional object
brings primitive memories on caring, it reassures the person of confidence and trust
and binds the anxiety that goes with separation. The human ability to develop a
transitional object goes with the freedom of metaphor. Metaphors are bridges between
reality and fantasy, between the inner world and the outer world. Poetry, as a
metaphor, similar to a soft toy for a child, brings a sense of confidence, cohesion and
integration to the poet.
The methods used in the study are discussed in the following chapter. By means of
qualitative research methods, a psycho biography with the aim of finding the master
metaphor, easing access to the world of lngrid Jonker, is created. The interpretative
biography focuses on turning points and the progressive regressive method gives a
structure for organising the subject material, e.g., the life documents of the poet. The
use of the method creates an image of the tides of the sea.
Ingrid Jonker' s story is told around four turning points, especially the publishing of
Rook and Oker, her father's unwillingness to share in her joy, an abortion and a
broken-up relationship.
As epilogue we look at the passion to die and the missing parts in her life. The
conclusion of the study is that there is a dynamic relationship between a person's
psyche and the elements, between Ingrid Jonker and the sea. The sea is the metaphor
with which we can compare and describe her life. Her imagery into infmity and her
desire for fulfilment leads her to the sea. Her inner world, stormy like water and
continuous like the waves, met the outer world, fierce like the water, repetitive like the
tides and deadly like a whirlpool. Her life fits the image of the sea. Through her
religious passion she tried to integrate with the world on the other side of death, by
utilising the absolutely overwhelming water.
In hierdie studie word 'n paar dimensies van menslike ervaring belig. Daar word enersyds
gekyk na die mens se soeke na vervulling, heelwording en persoonlike integrasie
en andersyds na die misterie agter kuns en estetiese ervaringe. In die lewe van die Afrikaanse
digteres Ingrid Jonker (1933-1965) word die soeke na persoonlike integrasie
en die kunsmakingsproses met mekaar in verband gebring.
In die aanloop tot 'n psigobiografie van hierdie woordkunstenaar word die buitengewone
rol wat taal en verbeeldingsdenke in die heelwordingsproses speel, uiteengesit.
Die ontvouing van metafore uit taal en verbeelding - daar waar die fisiese en psigiese
wêrelde ontmoet - word bespreek.
Die misterie agter die kunsmakingsproses word ondersoek. Dat daar 'n verband
bestaan tussen die kunstenaar en sy kunswerk en tussen die mens en sy waardering
van kunswerke is gewis. Die fokus op Sigmund Freud en Carl Jung in hierdie verband
lei die navorser terug na die wêreld van verbeelding. Verskeie idees oor die wêreld
van verbeelding word beskryf. Dit is veral Edward Murray (1986) se tekening van die
wonderwêreld van verbeeldingsdenke en die vervullende belewing van 'n eg poetiese
lewe wat hierdie wêreld meer begeerlik maak. Gaston Bachelard (1987) se fokus op
die dinamiek van verbeelding en die idee van 'n verbeeldingsreis wat 'n opwekking
van metafore tot 'n string in die oneindigheid behels, skep nuwe horisonne. Verbeeldingsdenke
kan die mens lei tot by die oneindigheid. Dit is 'n belangrike skakel in die
kunsmaking en kunswaarderingsproses en bied 'n oop, ryk en nuwe ervaring.
Op soek na die betekenis van woordkuns vir die woordkunstenaar word Winnicot
(1986) se ruimtelike sin van verbeelding ondersoek. Die oorgangsobjek wat primitiewe
herinneringe aan vertroeteling daarstel, vertroue beliggaam en die angs wat
skeiding meebring versag, word uitgelig. Volgens Winnicot dui die menslike vermoe
om 'n oorgangsobjek te ontwikkel op die individu se vryheid om in metafore te dink.
Metafore dien as brug tussen realiteit en fantasie, tussen die mens se binne- en
buitewêreld. As toepassing van Winnicot (1986) se werk, bied digkuns, soos die sagte
speelding vir 'n kind, 'vertroue' en 'n sin vir kohesie.
In die volgende hoofstuk word die metodes wat in die studie gebruik word uiteengesit.
Deur middel van die kwalitatiewe navorsingsmetodes, spesifiek die psigobiografie,
het die studie ten doel om 'n meestermetafoor te vind wat die wêreld van Ingrid Jonker
meer toeganklik sal maak. Die interpreterende biografie, met die klem op draaipuntmomente,
bied vemame sleutelmerkers in die lewe van 'n individu. Deur middel van
die progressiewe regressiewe metode word die lewensgeskiedenis-materiaal georden.
Die gebruik van die metode wek die beeld van die inkomende en uitgaande getye van
die see. Daar word voortdurend vorentoe en teruggekyk tot by die einde.
lngrid Jonker se storie ontvou rondom vier uitkykpunte of draaipuntmomente, wat
uitgebeeld word in die vorm van 'n springgety, 'n storm, 'n stilte en 'n stomheid.
As naspel word lig gewerp op die teenwoordigheid van die passie en spesifiek die
doodspassie in haar lewe. Die leemtes in haar lewe, soos die afwesigheid van 'n vader,
'n moeder en die onvermoë tot langstaande verhoudinge word bespreek.
Die see vorm die meestermetafoor waarmee die lewe van Ingrid Jonker vergelyk en
beskryf kan word. Haar verbeelding in die oneindigheid, haar begin en haar tuiskoms
word deur die see beliggaam. Haar binnewêreld, onstuimig soos die stormwater en
voortdurend soos die branders, ontmoet 'n buitewêreld, fel soos die klotsende water,
herhalend soos die getye, en dodelik soos 'n maalkolk. Haar lewe pas in by die beeld
van die Kaapse see. Die unieke rol van religie in haar poging tot integrasie en beheer
oor die oordonderde water, word ten slotte geteken as haar laaste uitreiking in die
soeke na vertroue en heel wording.