Abstract:
Die Ungaro-saak handel met die aanspreeklikheid van bank wat spaarrekening vir
kliënt geopen het en daarna op nalatige wyse toegelaat het dat ongemagtigde person onttrekkings uit die rekening maak. Alhoewel die hof bevind het dat daar lasgewingskontrak
tussen die bank en die kliënt tot stand gekom het, wil dit voorkom asof die uiteindelike
uitspraak op delik gegrond was. Verskeie aspekte van die uitspraak word vir
bespreking uitgesonder, naamlik die regsaard van die verhouding tussen bank en die
houer van spaarrekening; die eiser se aksiegrond en die basis van die regter se beslissing;
regspraak waarna verwys en nie verwys is nie; nalatigheid van die bank, die lei van
getuienis en die bewyslas; en die “plig” van bank om ondersoek in te stel en moontlike
probleemaangeleenthede te verifieer. Die gevolgtrekking is dat die uitslag van die saak
korrek is, maar dat die uitspraak nie toonbeeld van regsuiwerheid is nie.