Abstract:
Die beslissing van die Konstitusionele Hof in Minister of Mineral Resources v Sishen Iron
Ore Company (Pty) Ltd bring helderheid oor die regsgevolge van die omskepping van
voormalige mineraalregte ingevolge die oorgangsmaatreëls in Bylae II tot die Mineral and
Petroleum Resources Development Act 28 of 2004 (“MPRDA”). Twee maatskappye,
naamlik Sishen Iron Ore Maatskappy (Edms) Bpk (“Sishen”) and Arcelormittal South
Africa Beperk (“AMSA”), het mineraalregte gesamentlik in onverdeelde aandele van
87.6% en 21.4%, onderskeidelik, gehou. Anders as in die vorige bedeling, het die oorgangsmaatreëls
nie uitdruklik voorsiening gemaak vir so 3 geval waar twee of meer persone
gesamentlik regte gehou het nie. Sishen het gedurende die vyf jaar oorgangstydperk
aansoek gedoen vir die omskepping van die maatskappy se mineraalregte, terwyl AMSA
nagelaat het om sodanige aansoek te doen. Die Konstitusionele Hof het beslis dat by
afkondiging van die MPRDA die twee maatskappy medehouers geword het van sogenaamde
ou-orde mynregte met dieselfde aandeelhouding as voor die afkondiging van
die MPRDA. Die hof beslis voorts dat by omskepping van Sishen se ou-orde mynregte en
registrasie van 3 mynreg Sishen bloot 3 mynreg met 3 87.6% aandeelhouding verkry het.
Na afloop van die oorgangstydperk is AMSA se ou-orde mynreg beëindig en het die
21.4% aandeelhouding daarin nie by Sishen aangewas nie, maar teruggeval in die Staat
wat dit weer op aansoek kon toeken. Die hof toon ook die redes aan waarom slegs Sishen
daarvoor aansoek kon doen. Die outeurs wys daarop dat die onduidelikheid of, en in wie,
die voormalige mineraalregte by afkondiging van die MPRDA en na afloop van die oorgangstydperke
gevestig het, bly voortsleep. Die benadering van appèlregter Moseneke dat
by afloop van die oorgangstydperk die voormalige mineraalregte in die staat hervestig
word, word verwelkom as synde 3 voorwaartse stap in lyn met regswerklikheid. Die
noodsaak om duidelikheid omtrent (a) die verhouding tussen die publiekreg en privaatreg
gedurende grondwetlike gefundeerde transformasie en (b) die rol van die staat as bewaker
van minerale kragtens artikel 3(1) van die MPRDA te verkry, word ten slotte geopper.