Kalligrafie op Geografie - 'n kontekstualisering van die skilderkuns van Nico Roos : histories en kontemporêr

Show simple item record

dc.contributor.advisor Duffey, Alexander Edward
dc.contributor.postgraduate Grobler, Melanie Hester
dc.date.accessioned 2016-07-22T07:45:23Z
dc.date.available 2016-07-22T07:45:23Z
dc.date.created 1992
dc.date.issued 1992
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1992. en_ZA
dc.description.abstract Met die onlangse oorsigtentoonstelling van Nico Roos, in die lntersaal van die Universiteit van Pretoria, skryf Bertie du Plessis die volgende oor sy werk 1: Landskap en voëlvlug. Dit is die oorwegende indruk van die vieren-vyftig werke van Nico Roos wat min of meer 'n dekade se landskapskildering verteenwoordig. Kenmerke van die landskap as voëlvlug is die pertinente gekromde horison wat die indruk van 'n oorkoepelende visie skep. Die opvallende gebuigde horisonne suggereer ook die perspektief van die fotografiese vishoeklens. Die oorkoepelende visie skep kontras en spanning met die oorweldigende wydsheid van die Namibiese landskappe wat Roos skilder. Dit is asof hy daarmee probeer om 'n samevattende greep te kry op 'n natuur wat eintlik te groot vir menslike bevatlikheid is. Terselfdertyd beklemtoon die oorkoepelende blik op die landskap dat die verlatenheid van die woestyn omvattend en algeheel is. Verlatenheid en stilte is stemminge wat oorwegend voorkom in Roos se landskappe. Mens en dier is afwesig. Al wat te bespeur is, is die tekens van menslike landbou en strukture, soms in 'etniese' patrone weergegee. In 'n werk soos Duinkerke (1988) kom daar 'n interessante bewaringsmotief na vore: daar is strukture op die duine wat lyk soos kerktorings, maar die strukture is nie tekens van metafisiese hoop nie- hulle is onheilspellende bakens van dreigende onheil. Roos se globale blik op die landskap word gebalanseer met die besondere aandag wat hy aan tekstuur gee. Die sensuele aantrekkingskrag van sy landskappe le juis in die verskeidenheid van merke wat hy op die doek laat. Die diggeweefde en sprankelende tekstuur word beklemtoon deur vlekke en verrassende skoon en ryk kleur. Hier kan Maan landskap se groene, Rooiberg se indiese rooi en Bergwand se pers genoem word. Die tekstuele rykheid en verskeidenheid gee aan die oppervlakte van die skilderye en uiteindelik aan die landskappe self 'n vibrasie, 'n lewe. Die resultaat is 'n woesteny wat geanimeer word. Die oorwegende tema mag wel die verlate, selfs woestyn landskap wees, maar dit is geen dooie wêreld nie. Wanneer die ryk teksture ontbreek, soos by die waterverwe wat op die spoeltegniek berus, is die werk minder geslaagd. Roos het 'n samehangende blik op die afgeleë Suider-Afrikaanse landskap. Die blik word ondersteun deur 'n wye spektrum van tegniese vaardighede in die skep van teksture. En ten slotte – die abstraherende verwerking bereik 'n des te sterker bewussyn van die konkreetheid en lewenskrag wat in die landskap verskuil lê. Hierdie verhandeling het gegroei uit die geloof van prof. A.E. Duffey in 1987 dat 'n B.A. Honneurs (Kunsgeskiedenis) skripsie oor die Lewe en Werk van Nico Roos die potensiaal besit om uitgebrei te kan word tot 'n volwaardige M.A.-verhandeling. Die bestudering van die skilderkuns van Nico Roos het sy eiesoortige probleme, want die aard van sy uitbeelding lig een van die wesensprobleme van die modernistiese estetiek uit, naamlik die nie-linguistiese aard van veral die laat twintigste-eeuse skilderkuns. Hierdie probleme kan oorbrug word as die uitgangspunt gevolg word dat die skildery nie 'n rapport op 'n ervaring is nie, maar 'n transformasie wat dit moontlik maak om nieweergewende kuns te beskryf. A. Ehrenzweig gee in die inleiding van sy boek, The Hidden Order of Art, 'n verduideliking van die kreatiewe proses deur sinkretiserende en analitiese visie te ondersoek.2 Hierdie benadering stel ons in staat om nie-weergewende kuns te beskrywe. Daar is min relevante geskrewe materiaal beskikbaar oor Roos aangesien koerantresensies nie die filosofiese kwessies en onderliggende prinsipe van Roos se skilderkuns in hulle bespreking uitlig nie. Onderhoude wat met die kunstenaar gevoer is, het ook nie werklik hierdie probleem oorbrug nie. Dit was 'n tydsame, moeilike en uiters pynlike proses om tot 'n begrip te kom van Roos se skilderkuns. Die visuele is altyd die aspek wat in sy werk verstaan moet word en daarmee word bedoel, die kode wat hy op die skilderdoek aanbring. Dit is vir hierdie rede dat daar in die historiese oorsig 'n spesifieke keuse van landskap kunstenaars gemaak is. 'n Bespreking van hulle werk dui op aspekte in Roos se skilderkuns. Hierdie verhandeling is pionierswerk, aangesien daar nog geen studie van Roos se werk gemaak is nie. Die navorsingsmetode wat in hierdie verhandeling gebruik is berus op veldwerk, skilderye en foto's van Roos se werk wat ondersoek is. Roos het deur 'n tydperk van vyf jaar wat ek sy skilderkuns bestudeer het, die uitgangspunt gehuldig dat die skildery self die 'teks’ is wat bestudeer moet word. Alle tekens en verwysings lê opgesluit in die skildery. Roos het feitlik nooit oor sy werk gepraat nie, maar telkens die uitnodiging aan my gerig om na die werke te kyk wat vir uitstallings geskilder is. In hierdie tydperk het ek dan 'n besondere waardering vir sy integriteit as kunstenaar ontwikkel. Hy deel altyd sy werk met groot entoesiasme en maak die opmerking dat as daar twee of drie persone is wat werklik 'n belangstelling in sy werk het, dit vir hom genoeg is. Dit was 'n belewenis om sy besieling as kunstenaar te ervaar. Daar is nooit 'n worsteling oor wat hy sal skilder nie, want die tema bly altyd onveranderd. In gesprekke vertel hy dat hy in die middel van die nag kan opstaan en skilder. As daar by Roos nie 'n tematiese stryd is nie, is daar wel 'n angstigheid oor die kwaliteit waarmee hy met sy verfmedium omgaan. Hy skilder dikwels gelyktydig aan 'n hele aantal skilderye en werke vir 'n uitstalling wissel van meer natuurgetroue uitbeeldings tot landskappe wat bloot die wat draers is van 'n visuele kode. Ander werke vir 'n uitstalling toon eensydigheid, of 'n reeks waterverwe, of 'n reeks van gouache skilderye. Wat die titel van die verhandeling betref: Kalligrafie op Geografie impliseer 'n palimpsestiese wyse van skildering. Roos superponeer sy verworwe kennis van die skilderaksie op 'n landskap wat dan die geografiese aard van die land verteenwoordig. Roos se skilderkuns verteenwoordig 'n breuk met die tradisionele konvensies van die genre deurdat hy werk skep waarbinne die landskap verskillende grade van transformasie ondergaan. Sy tema is die Suid-Afrikaanse en meer spesifiek die Suidwes(Namibiese)-landskap. Dit is egter ook veel meer as dit, want sy skilderhandeling is kompleks van aard. In die verhandeling word Roos se skilderkuns gekontekstualiseer. Kuijers se dat lewensuitkyk, persoonlikheid en kunsbeskouing en 'n aantal omstandigheidsfaktore in ag geneem moet word as daar 'n wetenskaplike ondersoek van die kunswerke onderneem word. Hierdie faktore het met tyd en plek te doen en sluit die volgende in: 1. Sosio-maatskaplike omstandighede. 2. Heersende godsdienstige opvattings en geloofspraktyke. 3. Die ontwikkelende kunsbesef en heersende kunspraktyk in die gemeenskap. 4. Sosio-maatskaplike omstandighede. 5. Ekonomiese toestande. 6. Die peil van wetenskap en tegniek. 7. Fisiese omstandighede soos topografie, klimaat en ander fasiliteite. Dit is nie noodwendig dat al hierdie faktore in ag geneem moet word in die ondersoek van die kunswerk nie. Op 'n indirekte wyse is die faktore wel in ag geneem. 'n Volledige beredeneerde katalogus met foto's is by die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria ingehandig, en kan daar geraadpleeg word. Aangesien dit nie moontlik was om die oorspronklike name van die skilderye op te spoor nie, is daar spesifieke name aan die skilderye toegeken. Hierdie benaming word in die verhandeling en die katalogus gebruik. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree MA en_ZA
dc.description.department Visual Arts en_ZA
dc.identifier.citation Grobler, MH 1992, Kalligrafie op Geografie - 'n kontekstualisering van die skilderkuns van Nico Roos : histories en kontemporêr, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56026> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/56026
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_ZA
dc.subject UCTD en_ZA
dc.title Kalligrafie op Geografie - 'n kontekstualisering van die skilderkuns van Nico Roos : histories en kontemporêr en_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record